Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram vir die Adventurer

Kom ons wees eerlik, om in die stad te bly is nie so great vir almal nie. Die “rat race” maak dat mens vir maklik 90% van jou dae dieselfde roetine herhaal: Staan op, stort, drink jou koffie en rook dalk ‘n Stuyvie. Dan sit in die verkeer en luister op die radio na ‘n fuckface aanbieder en ‘n klomp losers wat skreelag vir enigiets wat hy sê.

Die hoeveelheid mense wie lei aan stres en selfmoordneigings neem elke jaar toe. En ek dink ek weet hoekom. Wanneer laas het jy gras onder jou voete gevoel? Wanneer laas het jy op jou rug gelê en geluister na bome wat wieg in die wind? Dit mag dalk corny klink, maar heelwat studies beweer dat om tyd in die natuur te spandeer onder andere jou stresvlakke aansienlik kan verlaag.

In daai lig het ek besluit om ‘n paar accounts, locations en hashtags op Instagram te gaan soek wat fokus op die natuurskoon en plekke waar jy ons pragtige land op die beste moontlike manier, naamlik deur te stap, kan verken, alles saam in die week se Dinsdagram.

Magoebaskloofruskamp – @magoebaskloofruskamp

Magoebasruskamp

Magoebaskloof is een van die mooiste dele van Suid-Afrika sonder twyfel. Dit is een van baie min “pristine” staproetes in Suid-Afrika, bedoelend die water in al die riviertjies en spruite kan jy drink sonder om dit te kook of van daai chloor-tablette in te gooi. Mens loop rofweg elke halfuur oor ‘n waterbron so jy hoef net so 2 liter water by jou te dra vir veiligheid. Die akkommodasie is baie goed aangesien mens by elke kamp 2 opsies het – met of sonder elektrisiteit. Ek verkies sonder. Besoek Magoebaskloof Ruskamp as jy die area in gemak wil beken teen rofweg R350 per persoon.  My voorstel: Gaan doen eerder die staptoer teen so R80 per persoon en jy sal vir ‘n slag sien waarvan jy gemaak is. Jy kan hulle volg by @magoebaskloofruskamp

Extreme Hiking – @extremehiking

Koffiebaai

Indien jy nog nie van die “Hole in the wall” in Koffiebaai gesien het nie, dink ek dit is tyd dat jy ‘n plan maak. Koffiebaai is ‘n weird plek – dit sit in die ou Transkei en is in twee woorde ‘n ongerepte paradys. Die staptoere word deur Coffee Shack of Bomvu Backpackers (hulle sit oorkant mekaar) aangebied en is verseker die honderd of so rand werd. Extreme hiking het ‘n paar lekker idees, gaan check dit uit! Volg hulle by @extremehiking

Num Num Hiking Trail – #numnumhikingtrail

num num

Ek het die 5-dag Num-num roete einde 2014 gaan doen. Die uitsigte vanaf die hutte waarin jy bly is ongeëwenaard. Daar word beweer dat daar meer as 1,000 watervalle op die roete is. Die roete sit so 10km buite Machadodorp in Mpumalanga, so rofweg 2,5 ure se ry vanuit Pta/Jhb. Daar is “slack-packing” opsies waar jy jou swaar goed in ‘n krat bêre en net die belangrike saamneem op die staproete. Die swaar goed word vir jou afgelaai by die volgende oornaghut wat dit baie makliker, maar nie maklik, maak nie. Daar is sover nog net 11 foto’s op Instagram met die #numnumhikingtrail hashtag. Ek stel voor jy gaan voeg jou eie by en hê ‘n adventure.

Mountain Sanctuary Park

MSP

 

Hierdie is nie ‘n hashtag nie, maar ‘n location op Instagram. Mountain Sanctuary Park is so 20 minute buite Buffelspoort, net om die draai van Rustenburg en Sun City. Dit is dus baie maklik bereikbaar vir enigiemand wie in Gauteng, Noord-Wes of Limpopo bly. Vir dié wie in die Kaap bly, hierdie mag dalk ‘n rede wees om die hoëveld te besoek.  Dit is een van die grootste bewaringsareas in die omgewing. Die verblyf is divers en bekostigbaar en daar is heelwat verskillende roetes wat jy kan stap om die natuurskoon te beleef.

Daar is ongelukkig verbasend min accounts op Instagram wat gemik is op staproetes in Suid-Afrika. Daar is egter heelwat hashtags waarna jy kan gaan kyk – enigiets soos “#hikingsouthafrica” behoort jou in die regte rigting te druk.  Die lekker ding van Instagram (in vergelyking met ‘n Google soektog) is dat die fotos geneem word deur ‘n Gemiddelde Johan (of “average Joe”) en jou sodoende ‘n objektiewe idee gee van die plek en wat mense persoonlik daar beleef.

Om op te som: As jy op ‘n Vrydagaand uitgaan kos dit jou tans seker maklik tussen R500 en R1000, en jy het niks om daarvoor te wys nie. Vir daai prys kan jy ons ongelooflike land op voet beleef: Ongerepte natuur, ongelooflike uitsigte, sneeu, bosveld, woude, strande, woestyn, die lys gaan aan. Suid-Afrika is onbeskryflik mooi, gaan beleef jou eie land!

Jy kan my volg op Instagram by @sventasties of vir gevaaalik.com by @gevaaalikdotcom.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *