Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum: Hoe groot is Afrika eintlik?

Dagsê en welkom by nog ‘n gevaaalik.com Wêreldspektrum. Ek sit en tik hierdie vanaf my laptop vir ‘n verandering. Kom ek toe nou by woord een agter dat aangesien my skootrekenaar nie ‘n number pad het nie, ek nie ‘n “e” (gelukkig het ons editor ‘n num pad/ Stix) met ‘n kappie op kan maak nie. Kan jy nou dit oorvertel.

Ek sit ‘n rukkie terug en gesels met Stix na ‘n podcast, en die man stel toe voor ek lees ‘n internet artikel wat handel oor die “eintlike grootte van Afrika”. Hy verduidelik toe vir my dat said artikel beweer dat die algemeen aanvaarde kaart van die wêreld (soos ons almal hom nou ken vanaf aardrykskunde in st. 6 en 7, en met ‘n kappie op die eerste “e”) nie op skaal is nie. Uit die aard van die saak was ek skepties.

Ons almal ken hierdie kaart, dit is tog die algemeen aanvaarde voorstelling van die aarde as jy die aardbol se oortreksel sou oopskeur aan die agterkant en dit plat neersit:

World_Maps_International_20mil_1

Die kaart soos hy op skool gelyk het

 

Op hierdie kaart lyk dit vir my asof:

  1. Rusland ‘n bietjie groter as Afrika is.
  2. Suid-Amerika basies so groot soos Afrika is. ‘n Bietjie kleiner, maar naby aan dieselfde size.
  3. Noord-Amerika ten minste so groot soos Afrika is.
  4. In fact, Kanada (as mens nou die klomp eilandjies wat so wegbreek in ag neem) lyk baie naby aan Afrika se size.
  5. Groenland lyk op die voorstelling hierbo soos helfte Afrika se size. Ek het ander wêreldkaarte op Google Images gesien waar Groenland kleiner is. Ek gaan nou nie 50 verskillende images post nie. Ek het ook nie met een van daai meterwiele waarmee mens die pitch meet self daar rondgeloop nie, en jy ook nie, so raak rustig.

Dalk het ek nie opgelet in aardrykskunde nie, maar ek het regtigwaar gedink dit is pretty much ‘n skaal weergawe van hoe die wêreld lyk. Ek het selfs ‘n paar jaar terug opgelet dat Rusland en Amerika amper aan mekaar raak. En ek dink dat van die uiterste eilandjies van beide binne 5km van mekaar af dryf. Die kaart hierbo bevestig dit.

Die volgende kaart is toe op die webtuiste:

true-size-of-africa

Hier kry mens ‘n ander (en volgens Wikipedia) ‘n meer realistiese voorstelling van die relatiewe grootte van ‘n paar lande.

 

Ek het kliphard gelag en vir Stix oortuig dat dit ‘n skoolkind is wat ‘n grap maak. Ek meen, die voorstelling hierbo lyk absurd. Wat my eerste opgeval het was die USA. Miskien is dit omdat dit “THE UNITED STATES OF A-FUCKIN’-MURCA” is. Alles is Amerika is mos huge, awesome, insane, ridiculous, crazy, and the home. Of the. Brave. Dit het my ook bietjie laat dink dat Amerika miskien agter hierdie puntlose conspiracy sit.  Hulle ego is groot genoeg en hulle het al meer belaglike dinge gedoen in die verlede.

Maar hoekom sal so iets gebeur? Hoe kan enigiemand daarby baat?

Die waarheid is dat dit nie aspris gebeur het nie, maar wel dat dit onmoontlik is om die oppervlak van ‘n  ronde of eliptiese (wat eintlik die aarde se vorm is) vorm akkuraat voor te stel op ‘n plat stuk papier. Mens moet maar so daaraan dink:  As jy ‘n aardbol oopsny aan die agterkant, byvoorbeeld tussen Rusland en Amerika, en jy sprei hom oop, gaan die middelste gedeelte (Afrika) inkrimp en die boonste en onderste gedeeltes (die pole en Groenland en die hele Noordelike halfrond byvoorbeeld) gaan uitsprei. Anders sal jy dit nie plat kan neersit nie.

Ek het ‘n lekker verklaring op Wikipedia gekry: Die wiskunde agter die projeksie van ‘n kaart laat nie toe dat enige kaart “die beste” kan wees vir enigiets nie. Maak nie saak hoe ‘n kaart in 2 dimensies voorgestel word nie, iets sal altyd “distorted” wees. Dus is daar verskeie voorstellings van kaarte om te voldoen aan die verskillende gebruike daarvan.

So daar is jou antwoord. Ek het ‘n paar random vergelykings getref met Afrika se regte grootte, vergelyk met die regte groottes van ander groot lande. Vervolgens ‘n lys van ‘n paar lande en hoeveel % van Afrika se grootte hulle eintlik is. Afrika se grootte is volgens Wikipedia = 30,221,532 vierkante kilometer:

  • Suid-Amerika:  17,840,000 km2 (59% van Afrika)
  • Noord-Amerika:  24,709,000 km2 (82% van Afrika)
  • Asië:  44,579,000 km2 (148% van Afrika)
  • Europa:  10,180,000 km2 (34% van Afrika)
  • Rusland:  17,098,242 km2 (57% van Afrika). Hierdie een is WAY out!
  • GROENLAND:  2,166,086 km2 (7% van Afrika). Hierdie een verskil op baie kaarte, maar dit is nooit naastenby 7% van die size nie.
  • Kanada:  9,984,670 km2 (33% van Afrika). Selfde, nie eers naby aan reg nie.
  • Australië:  7,692,024 km2 (25% van Afrika).  Dit lyk nogals naby, bietjie klein, maar kom ons gee hom maar vir die Aussies.
  • Indië:  3,287,590 km2 (11% van Afrika). Die feit dat dit soveel te groot lyk is besides the point. Die ongelooflike ding is dat daar rofweg 1.4 miljard mense bly, en Indië is bietjie kleiner as Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en Namibië saam. Dis nou nie eers Botswana ingesluit nie.

Besluit maar vir jouself, ek het gedink dit is nogals interessant en relevant, aangesien ons almal op die aardbol bly.

Kyk maar die video as dit vir jou meer sin gaan maak:

Tot volgende keer.

 

You may also like...

2 Responses

  1. BS Bob says:

    Bullshit. Nou, in 2014, NOU skielik kom dit uit. Al dekades lank is daar ruimtefotos van die aarde en hulle kon nie die afmetings regkry nie? Hulle kon pendeltuie ontwikkel, Polio genees en soogdier kloon, maar nie die afmetings van die aarde regkry nie? Bullshit.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @BS Bob: Nee hulle het die afmetings gehad, maar op kaarte is Afrika kleiner as wat hy in werklikheid is in vergelyking met ander kontinente. Dit is ‘n design ding, nie bullshit nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *