Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foo Fighters: Sonic Highways – die series

Bemarking is moeilik. Ek weet, ek werk in bemarking. Foo Fighters se nuwe series op HBO kan seker gesien word as ‘n “marketing tool”, na ek die eerste episode van Foo Fighters: Sonic Highways gekyk het, is ek oortuig dit is meer as dit. Vir my is Foo Fighters: Sonic Highways ‘n tipe van opvoeding in musiek, maar ook ‘n behind the scenes van die creation van een van die nuwe album deur een van die wêreld se grootste rock bands, die Foo Fighters.

Foo Fighters Sonic Highways HBO

Die Foo Fighters maak al vir 20 jaar musiek. Tog het hulle nog nooit vasgevang geraak in ‘n sekere manier van musiek maak nie. As jy Back and Forth al gekyk het sal jy weet dat die Foo Fighters se geskiedenis baie op en af was. Tog het die Foo Fighters begin lank voor dat Dave Grohl besluit het om op sy eie ‘n album te record. Die Foo Fighters en ook tot ‘n groot mate Dave Grohl se musical direction het begin in Chicago en dit is ook waar die eerste episode van Foo Fighters: Sonic Highways afspeel.

Chicago is die stad waar Dave Grohl se niggie gebly het saam met haar familie. Dit is hier waar Tracy (Dave se niggie) vir Dave voorgestel het aan punk rock. Chicago is ook waar Dave sy eerste live rock show gaan kyk het, Naked Raygun. Soos jy kan aflei het dit ‘n groot impak op Dave Grohl se lewe gehad en dus ook ‘n groot impak op die Foo Fighters.

In die Chicago episode van Sonic Highways sien jy ook die geskiedenis van musiek in die stad. Wat die Foo Fighters probeer doen het vir hul nuwe album is om na 8 verskillende stede te gaan en ‘n nuwe song te record vir hulle nuwe album met dieselfde naam, Sonic Highways. Dit is die band se manier om hulle creative process bietjie te verander, ‘n manier van uit hulle comfort zone kom. Deur dit alles kyk ons ook na Steve Albini, die musician en producer genius wat al miljoene sou gehad het as dit nie was vir die feit dat hy geweier het om royalties te vat vir die albums wat hy produce nie, onder andere In Utero van Nirvana.

Aan die einde van elke episode van Foo Fighters: Sonic Highways hoor ons ook die song wat ontstaan het uit die stad waar die episode afspeel. ‘Something From Nothing’ is die song uit Chicago en ek stel voor jy kyk die video hier onder, want ek het so gevoel almal gaan die song klip hard saam sing wanneer ons die Foo Fighters kyk hier in Suid-Afrika.

Of Foo Fighters: Sonic Highways die series is vir bemarking van die band se nuwe album of nie, ek het die eerste episode ongelooflik baie geniet en ek gaan verseker die ander agt episodes ook kyk. Miskien is ek maar net nogsteeds ‘n sucker vir musical documentaries en veral as een van my gunsteling bands deel is van die documentary.

You may also like...

1 Response

  1. April 14, 2015

    […] die dag sit ek en kyk ek ‘n episode van Sonic Highways en heelpad deur die epsiode dink ek: “Jirre maar Suid-Afrika se rock music scene het net so […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *