Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nirvana – Heart Shaped Box

Nirvana Silver

Oor die laaste week of wat is ek besig om kliphard deur al my musiek te werk. Dit is nie ‘n kak job nie, ek like musiek. Binnekort begin my radio show (waarvan ek julle meer sal vertel sodra ek mag) en dus het ek solank begin playlists maak met songs wat ek moontlik sal speel op my show. “Stix and Stoned” gaan ‘n rock en metal show wees. Tydens my soektog na awesome rock en metal het ek weer “Heart Shaped Box” van Nirvana ontdek.

Nirvana sal maar altyd een van my gunsteling bands bly. Hulle het immers die musiek bedryf verander deur net te doen wat hulle wou doen; harde rock musiek maak. Kurt Cobain se poppy melodies, die hoë distortion riffs en sy stem is iets wat niemand ooit sal kan namaak nie. En as dit nie vir Nirvana was nie sou Dave Grohl nooit die kanse gehad het wat hy het nie (ek kan seker nie regtig dit sê nie, want ek weet nie) en dan sou ons ook nooit die Foo Fighters gehad het nie, of enige van die ander cool goed waarvan Dave al deel was.

You may also like...

1 Response

  1. pisgesig says:

    Great song. Ek het ook onlangs deur ‘n Nirvana herlewing gegaan : In Bloom, Lounge Act, Francis Farmer will have her revenge on Seatlle! Daar is ander songs wat ek verloor het – onder andere Even in his youth en Curmudgeon – dit was op sulke skaars(ek dink) singles.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *