Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Francois van Coke en Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou

5 Dae terug het Francois van Coke en Karen Zoid die Afrikaans-musiekbedryf op sy kop gedraai toe hulle “Toe Vind Ek Jou” vrygelaat het op die interwebs. Binner 48 uur het die YouTube video 90 000 plus views gekry. Francois van Coke se nuwe album het nommer 1 geslaan op iTunes in Suid-Afrika en ‘n eerste vir ‘n Afrikaans album. “Toe Vind Ek Jou” het ook nommer 1 geslaan op iTunes en die critics het niks behalwe goeie goed gehad om te sê oor Francois van Coke en Karen Zoid se nuutste musikale-poging nie.

Hel, selfs iemand wat dink gevaaalik.com is kommin het die video aangestuur en trots gebalk: “Vreeslike mooi song van daardie ou van Fokofpolisiekar en Karen Zoid.”

francois-van-coke-karen-zoidtoe-vind-ek-jou

Ja, die bar is nou baie hoog gestel en ek het so gevoel dat baie min Afrikaans-pop songs ooit daar sal uitkom. Ons het nou al almal gehoor wat die critics te sê het oor die song, maar nou wil ek weet wat dink die average ou op straat van die song. Ek het gaan soek vir comments op die internet en daar is verseker ‘n debat aan die brou. “Geen pretensie my gat. Wat anders as pretentious is die move na Afrikaans-pop musiek?” sê een Francois van Coke fan wat nou glo ‘n ex-fan is.

Nou is dit jou beurt. Los ‘n comment en laat weet ons wat dink jy van “Toe Vind Ek Jou”. Is jy saam met die critics dat dit die beste Afrikaans-lied is wat vrygelaat is oor die laaste 10 jaar. Of reken jy Francois van Coke is oppad na die Huisgenoot Skouspel verhoog saam met sy vriendie van Die Heuwels Fantasties?

You may also like...

5 Responses

  1. Andre says:

    Dit gebuer nie baie dat ek n hele Afrikaanse song sal luister nie…never mind dat ek hierdie een nou al n paar keer namekaar geluister het nie.
    Ek like hierdie een verskriklik en hoop daar sal nog van hierdie kaliber uitkom.

  2. Liezel says:

    Wow wow wow. Dis n awesome song.

  3. Neil says:

    Ek like dit nogal. Ek sal se hulle is darem nog ver van die kak pop wat Bobby en kie maak. Die lirieke maak sense en dit is mooi geskryf. At least sing hulle nie oor tjoklits met dik gestraightende hare met genoeg gel in om n Boieng aan die aanloopbaan te laat vas sit nie. Franna sal altyd daai angs in sy stem he en daar is niemand wat dit so goed kan doen nie. In kort: Ek skeem dis n wenner.

  4. riaan says:

    Hulle maak n great team Saam!!soek nou net die hele fokofpolisiekar manne saam

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @riaan: Nee wat. Ek sal eerder Fokofpolisiekar onthou soos hulle was: As ‘n band wat nie Afrikaans-pop gemaak het nie. Kom ons los die Huisgenoot Skousple stage maar vir Die Heuwels Fantasties en kie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *