Nog ‘n Strab 2014 kykie terug

Daar is baie mense wat sê hulle wil iets vir gevaaalik.com skryf. Dit is gewoonlik so ver soos wat meeste van daardie mense kom. Dit is hoekom ek gister so verbaas was toe ek die stukkie hier onder gekry het. Die ou het nie eers gevra nie, hy het net besluit om sy kant van die jaar se Strab te deel met ons. Hier is dus nog ‘n stukkie deur ‘n leser wat ook anoniem wil bly. ‘n Ander kant in vergelyking met gister se stukkie.

Strab 2014

Strab minus selfone

Ek en my vrinne is nog van die marrapse wat nie sim kaarte koop of kak en kerm oor die awesigheid van huiswaarste kommunikasie nie. Soos gewoonlik was ek, en my vergeseldes lekker gewyn teen die tyd wat ons by die feesterrein op gedaag het. Kort voor lank was almal se bekke pienk en gatte vol see en sand.

Die eerste aand se beach party het my weer uitoorle, ek het op my rug in die sand opgeeindig met die klanke van jolige feesgangers wat om my draai, met die “nie ongewone” klanke van die Classic Rock Project, wat my lyf aan die gang geruk het soos ‘n defibrillator. So het die aand aangejaag met lekker suip en kuier, saam met die legendariese Gerald Clarke, tot totale vreemdelinge wie se laggende gesigte en lekker daans moefs veraltyd in my geheu in gebrand sal wees.

Die twede dag het soos ‘n vet perd uit die blokke gestrompel met ‘n koffie en lekker skottel gebraaide eiers en bacon op n pao gevolg deur n 2M, sunscreen, son en sand. Om so lekker lui jou babbie in die branders af te skud in die oggend son is tog net die lekkerste. Toe was daar ‘n footie op die strand saam met ‘n spul vreemde broers wat dit klaarbleiklik hulle taak gemaak het om vroëer geskokde, vars uit bos strandlopers te proebeer onthoof met hulle powerkite! Hulle het gelukkig misluk…

Nie te min was dit ‘n rowwe eerste halfte gevolg deur nog bier en sigarette en toe gelukkig ‘n truce, want vir ‘n twede halfte het niemand se seer kuite, boude en shins voor kaans gesien nie.

Daardie aand het ons onself verloor in ‘n pan vol vars prawns, special local mushroom spice en die ongelooflike klanke van DILANA, met haar rasta kapsel, pienk dreds en vuurige gees het sy ons almal op ons voete gehad met oorgawe en skreende stemme wat gesmag het vir jees wees die volgende dag. Daardie aand was in my opinie topklas, tot die krag af gegaan het. Dit is ma mos nog Afrika die! In die streelende stilte en aanlokkende donkerte het ons die strand geniet en op gestaar na ‘n skerm sterre wat jy nie op n Hollywood movie sal kan CGI nie. Daar was ‘n wind en koeligheid in die lug maar dit was niks wat warm see water op ‘n kaalgat lyf nie kon regsien nie!

In kort, het die volgende dae net so verloop, met n vars barracuda oor die kole en local aartappels in die pot het ons konings vis en tjips gehad. Tiete was verloor voor die ‘kort’ en kragtige Black Cat Bones wat teen daai ander band gebattle het (Fake Leather Blues Band). Ons het die voorreg gehad tot die kuns van oom Piet Botha en Jack Hammer. Ek het my oë toegemaak en swaai in die wind voor Albert Frost wat my swart hond oor die duine gejaag het en ‘n persoonlike liefde gekweek vir William Welfare en herontdek vir Juggernaut. Dan Patlansky het my ontvoer na ‘n plek van lirieke en guitar solos watse einde ek teen geskop en gekerm het. Die crowd het die balhorige MC still geskree om net nog een Southern Gypsy Queens song te kry en na die laaste show het Scicoustic my oë en my ore gekul met n klein guitar en ‘n man op ‘n viool.

Tussen in was daar grappe, vreemdelinge, lekker lag, lekker soen, dronk verdriet, mense wat jou druk voor by die stage en glas ogies wat kyk na selfoon skermpies. Ma dit alles was geoorskadu deur amazing mense wat die tyd met jou wou deel, ongelooflike goeie musiek, sonskyn, sterre, see, sand, beter en nuwe vriende.

‘n Onvergeetlike ervaring wat ek oor en oor sal wil hê, ek hou my oë van die skermpies en blou gesiggies af en kyk na dit wat my siel en hart verryk. Dankie STRAB, sien jou verseker volgende jaar!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *