Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

MK Awards 2012 – Hier is ons review

Die mense agter die skerms by die MK Awards was gaaf genoeg om ons hier by gevaaalik.com ook uit te nooi. Ek en bra Stix het ons mooiste klere aangetrek en die pad Staatsteater toe gevat. Nie een van ons twee het regtig geweet wat om te verwag nie maar one het wel geweet dat ons hard gaan party.

Die Awards was baie goed georganize en was redelik fokkop vry wat logistics aanbetref. Die show self het ‘n paar glitches gehad, maar daarby kom ons later. Tot ons groot verbasing was al die rum op die huis, Red Heart Rum! Perfect party starter.

Die “celebs” het almal gemingle en gekyk hoe fokken cool hulle kan wees. Almal ken celebs, veral die vloues in ons land.

Na ‘n hele paar double rums is ons in die teater ingejaag om die award ceremony te beleef. Soos julle weet was dit ‘n live show en alles moes smooth verloop. Ek dink 95% van die show was great. Jack Parow het ‘n uitstekende job gedoen met sy werk as MC, al het sy tema as “ek is poes cooler as almal” bietjie afgesaag geraak. Ons eens vuilhond rapper wat in ‘n boxer en crocs opgetree het, het sy zef-image vir ‘n nuwe paar sneakers, ‘n bril en ‘n baie korter hoed geruil. Mens kon nie help om te wonder of die ou nou sy roots agter hom gelaat het nie?

Jack Parrow op die stage as MC by die 2012 MK Awards

Jack Parrow op die stage as MC by die 2012 MK Awards

Die live shows was uitstekend. Mr Cat and The Jackal, Double Adapter en Van Coke Kartel was die uitblinkers en Moses Metro Man is die band wat moet terugkeer witbord toe. Die arme bra het so min ritme dat hy nie eers aan ‘n deur mag klop nie. Die klankingenieur het ook hier en daar sy broek laat val, veral met die optrede van die Heuwels Fantasties en Inge Beckman. Op ‘n stadium was dit net Pierre se monitors wat ‘n mens kon hoor. Die vibe binne die teater was goed en die mense het letterlik op die punte van hul stoele gesit en wag vir die uitslae. En kyk daar was ‘n klompie verrassings.

Elma Smit op die stage by die 2012 MK Awards

Die presenters was uitstekend (behalwe daai Jaques bra van rockspider, en Jon Savage) met die girls wat definitief uitgestyg het bo die ouens. Elma Smith het soos ‘n supermodel in Parys gelyk, terwyl Inge Beckman en Natalie Roos die kleur uit ons oë uit gesteel het. MK het ‘n great job gedoen met die live uitsaai van die awards, die vibe op die TV was 99% soos dit in die teater was. As ek hulle moet kritiseer sal dit slegs in een afdeling wees: Is ‘n awards show regtig ‘n award show sonder The Narrow, Pestroy, Gerald Clark, Dan Patlansky of Farryl Purkiss? Dis maar net ‘n paar name wat gemis is.

Mr Cat and the Jackal tydens hulle preformance

Die celebs wat wel daar was kan gerus werk aan hulle houdings aangesien elke tweede fokker dink hy is poes cool. Hulle is ‘n klomp pretentious motherfuckers, die klomp. Maar weet jy wat? Gee hulle elkeen net twee rums en die storie verander heeltemal.

Die MK Awards was ‘n aand om te onthou en ons moet ‘n spesiale dankie uitskree aan Gabriella van Black Sheep Media.

Hier is die top vyf snaaksste goed wat ons gehoor het by die MK Awards:

  • Wat die fok soek Laudo Liebenberg hier?
  • Ek dog nog altyd Rufio Vegas is ‘n meisiekind.
  • Wie is daai boemelaar wat soos Pierre Greeff lyk?
  • Hoekom kyk almal vir my?
  • Hoekom kyk niemand vir my nie?

Alle foto’s deur Henno Kruger

You may also like...

2 Responses

  1. Henno Kruger says:

    Hahaha, goeie ene Stix 🙂

  2. Stix says:

    Die een is eintlik geskryf deur Posduif my bra.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *