Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wie is awesome en maak slegte besluite? Hierdie ou!

Ons almal was al daar. Een oomblik is jy besig om jou aand te geniet op ‘n rustige en wettige manier. Die volgende oomblik rys daar ‘n held op uit die as van moderasie. Jy kyk om vir jou vriende, en dalk ‘n manier om te ontsnap, maar sy majestieeuse sixpack en fluweel lokke het jou betower.

Laat my toe om aan julle voor te stel, @IMakeBadDecisions. @bigbadwofl het hierdie gem van ‘n Twitter account onder my aandag gebring.

Hy het so paar dae terug verskyn op die twitter scene en dit wil voorkom of hy gelyktydig die mees neerdrukkende en mees ongelooflike lewe het van alle mense op hierdie aarde.

gevaaalik.com het die ou gekontak en hy is wragtig van Suid-Afrika. Ons het toe ‘n kans gehad om te gesels met die ou en hy het baie stories gehad om te vertel. Stories van hoe hy gefire is en binne ‘n maand gedump is vir ‘n onderwyser. Stories van hoe hy in die middel van die nag, na ‘n drinksessie besluit om kaap toe te ry (op ‘n Woensdag aand). En selfs die storie van hoekom hy nooit ooit weer Dros toe mag gaan nie.

Een van sy vriende het voorgestel hy begin al sy manewales tweet. Ek wil nie te veel uit die mou laat nie,  julle gaan hom maar net self moet follow. Onthou net, as @IMakeBadDecisions eendag die een van wêreld se bekendste Twitter accounts is, moenie huil en sê ons het julle nie eerste vertel nie.

Tot dan, moenie enige iets doen wat ons by gevaaalik.com nie sal doen nie en wrintiewaar, moet asseblief nooit iets doen wat @IMakeBadDecisions al gedoen het nie. Hy lewe soos hy moet sodat jy nie so hoef te lewe nie.

You may also like...

1 Response

  1. December 5, 2012

    […] maak jou 'n meer kalm mens en dus soeter. As jy Twitter gebruik stel ek voor jy loer na die: @IMakeBadDecisions sal jou lekker laat lag. Vandat ons gister oor die Twitter account die stukkie geskryf het, het sy followers gespring en […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *