Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Flying Dutchmen 2016 met Casper De Vries

Dit was ‘n hartseer dag toe Steak and Ale in Centurion afgebrand het, vir die van ons wat live musiek like en ook die van ons wat stand-up comedy waardeer. Dit was ook die plek waar jy gereëld The Flying Dutchmen kon sien, en sonder Steak and Ale het Melt Sieberhagen en Hannes Brummer se sketch en improv-comedy vir ‘n rukkie stil geraak.

Die Flying Dutchmen Centurion

Nou is The Flying Dutchmen terug by Centurion Teater saam met special guest Dutchman, Casper de Vries. Op 17 Maart 2016 kan jy een van Suid-Afrika se premier Afrikaans-comedy shows sien. Kaartjies kos R120 en jy kan sommer nou bespreek by tixsa.co.za.

Casper De Vries is net die nuutste comedy legende om ‘n ‘Special Guest Dutchman’ te wees vir The Flying Dutchman. Mel Miller, John Vlismas, Conrad Koch, Chris Forrest, Schalk Bezuidenhout, Shimmi, Isaacs, Monique Nortje, Vittorio Leonardi, Warren Robertson en Al Prodgers het almal deel gemaak van The Flying Dutchmen shows.

Ander datums om vir The Flying Dutchmen te sien optree

Melt is van 24 tot 28 Februarie te sien by die Cape Town Comedy Club. Hannes is van 2 tot 6 Maart te sien by die Cape Town Comedy Club.

Koop jou kaartjies by Computicket.

Die Flying Dutchmen Woordfees

Op Maandag 7 Maart skop die twee grapjasse hulle 2016 lag-veldtog af met ‘n vertoning by die Woordfees in Stellenbosch. Enigiemand wat die Woordfees daarvan beskuldig dat hulle elitisties, snobisties en té gesofistikeerd is, word lelik verkeerd bewys met Die Flying Dutchmen se toetrede tot dié prestige-fees.

Datum en Tyd: Maandag 7 Maart om 20:30
Venue: Laer As Laag (3 Simonsbergweg)
Kaartjies: Vooraf – R80 (R60 vir Studente)
By die deur – R 90 (R70 vir Studente)
Bespreek by Computicket

Waarvoor wag jy? Gaan luister sommer Willem Welsyn se WAT podcast episode met Melt Sieberhagen nou en kry jou kaartjies vir een van die Flying Dutchmen shows.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *