Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA TV raak nog kakker

Ek like Pop Idols fokkol. Ons het genoeg talentlose etters wat geld maak in Suid-Afrika deur kak musiek te maak. Ek kan name noem, maar jy weet na wie ek verwys: Juanita Du Plessis. Idols is nou regtig ‘n mors van almal wie dit kyk se tyd. Veral hier in Suid-Afrika waar een of ander talentlose doos die kompetisie wen en dan hoor jy nooit weer van hom nie. Behalwe miskien as jy by Firkin in Centurion uithang, dan sal jy die talentlose doos daar sien optree van tyd tot tyd.

Asof dit nie erg genoeg was dat ons met programme soos Idols, 7de Laan (vir akteurs wat nie kan act nie), Survivor SA en nog vele meer stront elke dag op ons TV’s moet sien nie, gaan dit nou erger word. Simon Cowell, die doos wat geboorte gegee het aan die idee van Pop Idols, gaan nou X-Factor ook Suid-Afrika toe bring en dan kan jy jou lewe om wens terwyl jy dit op M-Net kyk.

Maar raai wat, dit gaan X-Factor US wees. Met ander woorde jy gaan ou X-Factor episodes kyk waarvoor die dom Yanks al gatvol is. Dus hoef jy nie jouself te straf deur die program te kyk nie, jy kan my net vertel dat jy die pot kak like en dan sal ek jou vertel dat jy ‘n dom naai is en die res van die program vir jou spoil deur jou te vertel wie gewen het. O doos, wat gaan jy nou in die aande maak? Ek stel voor jy gebruik jou aande om ‘n fokken lewe te kry.

Dan kom MasterChef ook SA toe. Maar dit gaan ‘n SA version wees. Wat beteken dit? Dit beteken dat dit uiters kak gaan wees (selfs kakker as MasterChef Australia) net soos Pop Idols SA, Survivor SA en Big Brother SA. Die ding wat my die meeste verbaas is dat daar mense gaan wees wat die programme kyk en hardop vir almal vertel hoe befok dit is.

Terwyl jy dit aan die dom mense vertel wat saam met jou stem oor hoe cool die programme is, sal ek net in stilte staan en jou verwens en hoop goed gebeur met jou wat ek van tevore nog net op Julius Malema en Justin Bieber afgesweer het. Ja jy, doos!  Jy wat nie ‘n lewe het nie en op Idols wil wees. Fokkof na jou kamer toe en luister na jou Lady Gaga CD.

Fokkit. Noudat daardie van my bors af is. Kom ons dans.

You may also like...

4 Responses

  1. Martz says:

    Bwahahahahaha! Oegh jirrr maar jy blom van vriendelikheid vanmore my liewe mens! (By eks nie Julius en Justin nie)

    Ek sal spesiaal vir die PVR vir jou instel en die HELE eerste episode vir jou record! – net omdat jy fokken dink jou fans luister na Gaga…

    *gag*

  2. Martz says:

    Kyk my spelling en sinsbou… fok… maybe moet ek n gaga cd kry.

  3. Stix says:

    Hahaha. Ek dink jy verstaan verkeerd. Ek sê nie my “fans” (ek het nie eers geweet ek het sulke goed nie) luister na Lady Gaga nie, ek vermoed net dat as jy na Pop Idols of X-Factor kyk like jy tien teen een vir Lady Gaga.

  4. Martz says:

    Ja okey dis nog moerse vroeg en VRYDAG… n girl mag maar bietjie stadig wees. Nou ja, siende diè kak nou van MY bors af is, DANS EK SAAM!

    En JA! EKS N FAN!!! N MOERSE ENE!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *