Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Florence & the Machine binnekort op MTV Unplugged

Florence & The Machine val dalk nie in almal se smaak nie, maar ek skryf die post omdat ek ‘n groot fan van MTV Unplugged is. Dis die laaste show wat sin maak op die simpel kanaal.

Florence & the Machine verskyn op 21 April op MTV Unplugged, maar ons het klaar vir jou ‘n preview of twee. Vir die brasse wat harder rock as Florence kan gelukkig ook uitsien na Josh Homme se guest appearance op “Jackson”, ‘n song wat oorspronklik geskryf is deur Jerry Leiber en Edd Wheeler maar bekend gemaak is deur Johnny Cash (almal se favourite). Ottis Redding se “Try a Little Tenderness” sal ook te hoor/sien wees op die unplugged show.

Josh Homme is die bra van Queens of the Stone Age, vir dié wat nie weet nie. Indien jy nou nie tot die 21ste kan wag nie kan jy dit gaan stream op  Unplugged.MTV.com vanaf die 8ste. Blykbaar sal daar later ‘n DVD en ‘n CD beskikbaar wees.

Check die video’s en gaan koop vir jou die DVD ingeval daar ‘n goose is wat jy wil impress!

You may also like...

2 Responses

  1. December 12, 2014

    […] By the way, Lana Del Rey is net 'n shitty copy van Florence Welch. […]

  2. June 30, 2015

    […] van hulle Europese shows kanseleer. Die headline spot by Glastonbury was een van daardie shows, en Florence & the Machine is toe gekies om die headline spot oor te neem by die […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *