Fast & Furious 6 – Extended Trailer

Dit is geen geheim dat Holywood jare terug die blik leeg gemaak het waarin hulle oor oorspronklike idees stoor. Ongelukkig vir ons beteken dit dat baie van die flieks wat nooit meer as een fliek moes gewees het nie, sequels kry. Fast & Furious 6 is nog een van daardie wat miskien eerder moes bly op die cutting room floor waar dit sekerlik opgetel is.

Fast & Furious 6

Moet nie verkeerd verstaan nie. Daar is genoeg petrolkoppe wat hou van vinnige karre, mooi meisies, “gangster rap” en ontploffings dat die fliek gaan geld maak. Fok, die hele ooste van Johannesburg dink seker dat die fliek spesifiek gemik is op hulle. Die rede hoekom die tiepe flieks aanhou geld maak is omdat mense dit aanhou kyk, en dus sal hulle aanhou om die tiepe flieks te maak.

Ek sal tien teen een ook die gaan kyk. Ek is ‘n sucker vir onnosel action movies. Vin Diesel is weer terug en The Rock maak ook ‘n draai. Maar ek sal verseker nie die fliek in die cinema gaan kyk nie. Ek sal baie eerder by my huis, op my bank wees vir die een. Die trailer laat dit lyk na ‘n tiepiese Fast & Furious fliek. Ek is seker dit gaan jou nie moerse verras of verbaas nie.

As onnosel aksie flieks jou thing is sal jy tien teen een, soos ek, Fast & Furious 6 geniet. As jy iets realisties of slim wil sien, gaan kyk ‘n BBC documentary, dit help my om die stupid met die slim te balanseer. Gaan jy Fast & Furious 6 kyk of hou jy maar eerder verby vir iets wat jou gaan laat voel asof jy slim is, soos Life of Pi? Jou faker.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published.