Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

#PlayIsWinning – ‘n Interview met Stix

Oorspronklik toe Stix vir my die werk gee van die #PlayIsWinning post doen, wou ek iemand soos Francois van Coke of Jack Parow interview vir die post. Toe besluit ek op die ou einde om sommer met Stix te praat oor gevaaalik.com, en hy het ingestem om dit te doen. Wat volg is ‘n rare behind the scenes van gevaaalik.com.

Sucking at something

Ons het die interview record, maar ons het ook besluit om vir julle ‘n transcript (dit het donners lank gevat om te doen) te gee van die gesprek sodat julle dit kan lees as julle wil, eerder as luister. Stix vertel ons van sy vrese wat hy moes oorkom, die werk wat agter gevaaalik.com lê en ons bespreek ook waar die naam “gevaaalik.com” ontstaan het.

Lekker lees, dit is ‘n lange. Of luister na die audio van die interview onder aan die post. Dankie aan Play Energy Drink wat die een ge-sponsor het.

Scuba Steve: Jis jis, hierdie is die gevaaalik.com podcast met ‘n twist vanaand. Dit gaan oor Power Play-#PlayIsWinning. So wat hulle basies vir ons voorgeskryf het om te doen is om iemand te interview waar dit gaan oor die eienskappe wat jy toegepas het om jou goals te bereik.

Ruan Stix Fourie: Deursettingsvermoë.

SS: Deursettingsvermoë. Ek is Scuba Steve, en hierdie mother fucker is Stix. Ons mag vloek obviously en shit.

RSF: Ja, ja.

SS: Alright. So ek gaan vir hom ‘n paar vrae vra. Hierdie gaan ‘n kort podcast wees, en aanvanklik toe ek hoor van hierdie projek het ek gedink ek gaan iemand famous moet kry, soos Francois van Coke of daai ou met die cool hare van Shadowclub. Of, jy weet, Bobby van Jaarsveld. Nee ek joke. Ek sal nie vir fokken R 10,000.00 daai naaier…

RSF: Is hy regtig so suksesvol?

SS: Nee, en hy lyk soos ‘n cartoon character. Het jy al gecheck sy glimlag is so breed? Hy het so ander liedjie “Jy is my alles!” Dis is fokken lame, maar in elk geval. Toe dink ek “kom ek interview maar vir Stix” want ek weet nie of almal weet wat die history van gevaaalik.com is nie, maar basies bietjie meer as 4 jaar terug…

RSF: Ja…

SS: …het ons besluit ons gaan ‘n website begin, ‘n Afrikaanse website, waar ons nou maar net gaan pretty much sê wat ons wil, waar ons nie klink soos “Jakaranda FM” of sulke tipe kak nie.

RSF: (lag)

SS: Meer ‘n natuurlike tipe vibe en so aan. Stix was in die web storie ingewees, meer in SEO en so aan, en hy was toe die ideale ou om die ding af te skop. Aanvanklik was ons so 4 of 5 ouens, en dit het maar uitgefade. Ek is lui, almal is lui, maar hy het aangehou met hierdie storie en nou is ek terug. Eintlik ry ek maar pretty much op sy rug. So thanks.

RSF: (giggel)

SS: (lag bietjie)

RSF: Maar ten minste is dit met my toestemming. Dis nie asof jy my rape nie.

SS: Exactly. Basies sou gevaaalik.com nie vir fok hier gewees het as dit nie vir Stix was nie. Dit voel weird om jou Stix te noem. Ek noem jou nooit Stix nie.

RSF: Nee jy doen nie.

SS: In elk geval, “Stix”

RSF: Jy kan my Ruan ook noem, hulle weet.

SS: Ja, dis beter. Dit is te danke aan Ruan dat gevaaalik.com hierso is. Ek het die laaste ruk weer stelselmatig begin inklim met die podcasts en ‘n post hier en daar en what not. Ek dink toe, kom ek interview jou nou maar. Die feit dat gevaaalik.com daar is, sonder fokken geld nou al vir so lank…

RSF: (lag)

SS: …sê vir my dat daar tog ‘n mate van commitment en vision en so aan van jou kant af moet wees.

RSF: Ja, nothing short of a miracle.

SS: Jis.

RSF: Hardkoppigheid, I suppose, is die crux van die saak.

SS: Nee dit is meer, dink ek, ‘n vision vir die toekoms. Om vas te byt.

RSF: Ja, wel…

SS: Tenacity!

RSF: Ons het planne vir waarheen dit gaan, en die groot ding was dat toe ons dit begin het, dit ‘n joke was. Ons (het)…

SS: gevaaalik!

RSF: Ons het gechat op Skype, soos “Ons sê die heeltyd funny shit vir mekaar, hoekom maak ons nie ‘n website waar ons (die funny shit) kan sit nie?”

SS: Het jy al ooit vertel waar die naam “gevaaalik” vandaan kom?

RSF: Nee, maar…

SS: Dit was my…

RSF: Dit was jou idee ja.

SS: Sonder my was daar EINTLIK fokkol. (lag) Daar was ‘n episode op Carte Blanche gewees waar hulle oor die tik-probleem in die Kaap gepraat het. Aan die einde van die episode sê Derek Watts, maar hy is mos so moerse lank, fokken agt voet mother fucker, toe staan daar so ‘n klein coloured daar langs hom. Toe sê (Derek Watts) “Nou ma, hoekom doen jy hiedie tik?”

RSF: (Lag soos Muttley van Wacky Races)

SS: Gryp hy so op na Derek se skouer en sê “Derek my bru, as djy die goed roek is djy gevaaalik op ‘n dansbaan!”

RSF en SS: (Lag)

RSF: En dis waar dit begin het.

SS: Ja, dis nou dan gevaaalik.com. Oor na jou toe. Ons weet nou hoe dit begin het.

RSF: Ja, die groot ding is dit het begin as ‘n joke en ons het dit maar gedoen, en toe kom ek agter dat ek like nogals die skryf ding. Wat ek eintlik nog my hele lewe lank doen, maar ek het nog nooit gefokus daarop nie

SS: (Maak ‘n Flying Fish blikkie oop soos ‘n boss)

(rambling)

RSF: Ek het ook baie vinnig gekom by die realization dat Die Beeld nooit my skryfwerk sal publiseer op die manier wat ek dit wil hê nie. Hulle gaan nie toelaat dat ek vloek en my tale meng en sulke stuff nie.

SS: Daar moet daai fucked up filter wees op enigiets wat in die media ingaan, huh?

RSF: Yes, maar dit is toe nou waar ek besluit het “Fok dit, ek gaan nie toelaat dat enige iemand vir my voorskryf hoe om hierdie te doen nie.” Ek gaan dit net doen, en aanhou daarmee. Dit is maar die belangrikste ding gewees.

SS: Hoeveel followers het ons nou al? Of hoeveel unique visits kry ons per maand?

RSF: So 25,000 lesers ‘n maand.

SS: Dis kakbaie.

RSF: Ja man, dis 5,000 kort van wat Men’s Health South Africa doen. (Stix was verkeerd hier, ons het gaan check en Men’s Health SA se circulation is bietjie minder as 50 000 ‘n maand.)

SS: As julle almal net vir ons R2 deponeer per maand…

RSF: (lag) Ja dit sal nice wees.

SS: (lag saam vir sy eie grappie). So 25,000 visits per maand? Jy sê Men’s Health kry ook in daai vicinity?

RSF: Ja hulle circulation is about so 30,000 issues ‘n maand.

SS: So dis pretty much on par?

RSF: Ja ons is on par man, en vir ‘n Afrikaanse ding is dit pretty much unheard of. Ek meen, Watkykjy is obviously ook suksesvol in sy eie mate, maar hy doen dit bietjie anders as wat ons dit doen. Dis net cool, want ons het nie ‘n baas nie. Ons kan doen net wat ons wil.

SS: Mmm.

RSF: Niemand gaan vir ons sê “Nee jy gaan dit nie doen nie” want dan sê ons in elk geval “Nee fok jou, ons gaan dit in elk geval doen!”

SS: Mmm.

RSF: En dis ook seker waar die ballsy aspek daarvan inkom.

SS: Exactly, so dit is nou maar…

RSF: Om nie bang te wees nie.

SS: Determination?

RSF: Wel, die…

SS: Obviously kort jy fokken baie determination as jy nie vir iets betaal word nie, maar jy moet elke dag daaraan werk.

RSF: Elke. Liewe. Dag.  Vir my is dit ‘n 7 dae ‘n week ding. Daar gaan nie ‘n dag verby waar ek nie werk aan iets van gevaaalik.com nie. (rambling) Ons maak nie ‘n fortuin daaruit nie, want ons het nogsteeds ‘n 9-5 job…

SS: Vir nou.

RSF: Ja, vir nou. Maar die 9-5 kom in die pad. Mens moet maar werk voor werk, en na werk. Vanmore het ek half 5 opgestaan, en hier gesit op die bank en werk aan gevaaalik.com stuff tot kwart oor 7, werk toe gegaan en daar gewees tot 6 uur en nou doen ons hierdie. Dit is ‘n non-stop…

SS: En dis Woensdag.

RSF: Keep going.

SS: So obviously is daar heelwat commitment van jou kant af.

RSF: Ja.

SS: HEELWAT… D-e-t-e-r-m-i-n-a-t-i-o-n.

RSF: Omdat…

SS: (Onderbreek fokken weereens vir Stix) Vasberadenheid.

RSF: Omdat gevaaalik.com nou al so ‘n groot gehoor het, en [hulle] gewoond geraak het aan gevaaalik.com, en dit is nou al 4 jaar daar…

SS: Voel jy verantwoordelik.

RSF: Ja, ek is verantwoordelik. Ek kan nie nou net ophou nie. Mense wil Woensdae die Stoute Boudjies sien. En hulle wil Vrydag die Vrydag Bederf sien. En elke Maandag is daar Random Gevaaalikhede. En elke Woensdag (dit is eintlik DONDERDAG, Stix) is daar Random Gevaaalikhede.

SS: Wêreldspektrum…

RSF:  Ja! Meeste Dinsdae. Maar soos jy obviously self al gesien het: Almal dink dit is fokken maklik. “Ek kan ook foto’s van chicks op die internet sit, dis nie fokken werk nie.”

SS: Nou fokken doen dit.

RSF: Maar doen dit. Dit is die ding, om jou gat in die stoel te kry en te sit en dit actually te doen is baie moeiliker as wat dit is om te sê dat jy dit kan doen.

SS: Ja.

RSF: Wie doen dit?

haters

SS: (rambling) Kom ons gaan sommer reguit oor na hate mail toe.

RSF: (lag bietjie soos Beavis and Butthead hierso)

SS: Trolling mother fuckers, soos daai fake gevaaalik.com twitter ou.

RSF: @gevaaalik ou.

SS: Yeeees, yeees….

RSF: Actually, gister het ek en ‘n ander ou daaroor gepraat. Ek sê toe vir hom dat dit my nie pla nie.  Aan die begin het dit my gepla.

SS: Dis vleiend.

RSF: Ja. Maar nou sien ek dit half as ‘n kompliment. Want hierdie ou vat tyd uit sy dag uit om aandag aan my te skenk. Al is dit negatiewe aandag, dis nogsteeds aandag.

SS: Ja.

RSF: Dit is soos ‘n kleuterskool laaitie wat ‘n meisie se hare trek omdat hy hou van haar. Dis presies wat dit is.

SS: Exactly.

RSF: Generally speaking gee ek nie aan die ouens aandag nie, so nou en dan sal ek hulle ‘n bietjie bait. Dit raak gewoonlik snaaks.

SS: Maar mens kan sien, daai ou soek heavy aandag by, hy wil hê (ramblings oor followers en kakhap of iets)

RSF: Hy is tien teen een suur. Hy haat sy eie lewe. En omdat hy sy eie lewe haat probeer hy om daai suurgeid oor te dra na my toe ook.

SS: Ja.

RSF: Which ain’t gonna happen.

SS: Ek wens ons kan daai ou vir ‘n podcast kry.

RSF+SS: (lag)

RSF: Dit sal awesome wees ja. Die haters is maar part of the territory. As jy enigiets doen, of jy musiek maak en of jy prentjies teken, foto’s neem of Instagram of whatever. Daar gaan iemand wees wat nie daarvan hou nie.

SS: Veral op die Internet.

RSF: Ja, maar ek doen dit nie vir die mense wat nie daarvan hou nie. Ek doen dit vir die mense wat daarvan hou.  Fuck the haters.

(lag)

RSF: Hulle kan aanhou tweet en stuff. Ek lag elke keer heavy erg daarvoor.

SS: Dit maak jou dag half, jy weet…

RSF: Ek sien dit as ‘n moerse kompliment. As ‘n ou vir my ‘n e-mail stuur waar hy vir my sê hoe fucked up ek is, en hoe baie hy my haat, dan is ek soos “Yeah!”

SS: Selfs die ouens wat (jou) haat lees (jou) stuff.

RSF: Ja exactly. Dis die ander ding wat so cool is van gevaaalik.com. Dis weird om te dink dat, jy het nou obviously oor die laaste ruk met die Wêreldspektrum en jou Eskom stuff, meer as 500 mense gehad wat dit al gelees het…  Wanneer laas het jy iets geskryf wat 500 mense gesien het? Gewoonlik is dit ‘n e-mail en dan is jy lucky as 20 mense daarop geCC is.

SS: Behalwe my graffiti op die brue op die N1…

RSF: (lag)

SS: Ja, dit pretty cool. Ek dink ek moet net ‘n bietjie meer in die vibe inkom.

RSF: Dit sal kom, man. Die ding is, dit gebeur nie maklik nie en jy moenie opgee nie. Enigiemand kan dit doen, ek is 100% oortuig daarvan.Ek is nie spesiaal nie.  Ek is nie moerse slim nie.

SS: Jy is net committed.

RSF: Maar die ding is…

SS: (Onderbreek weer om te name drop) DESIRE.

RSF: Ek het ‘n desire om nie meer ‘n baas te hê nie. Dit is waarheen ek werk. Vir 4 jaar lank maak dit nou al geld, maar hierdie is die ten year overnight success story.

SS: Ja, dit is verseker ‘n stadige ding maar mens kan ook nie kop eerste daarin moer en verwag jy gaan geld maak daaruit nie.

RSF: Nee, jy kannie ‘n website begin en ewe skielik uit die bloute uit binne ses maande begin geld maak nie.

(rambling oor geld maak)

SS: Maar ‘n blog tipe vibe…

RSF: Nee, gevaaalik.com het nou half, ek haat dit om te sê “brand” maar, dit het essentially ‘n brand geword wat mense volg en na kyk. Ek werk nou aan ‘n paar goed wat geld gaan maak. Maar op die ou end van die dag het ek nog nooit geld gevra vir enige iemand wat na gevaaalik.com toe gekom het nie. Al die podcasts is verniet. Elke stukkie content is verniet. Ek doen dit omdat ek daarvan hou. Dit is vir my lekker.

SS: Yes. Dit is goed, ou. Jy is committed.

RSF: Jy moet wees.

SS: Ja. Kom ons kom by, in terme van COURAGE, wat is die Afrikaanse woord vir courage?

RSF: Uuuh, braaf?

SS: Braaf.

RSF: Om braaf te wees.

SS: (Hannon stem) Bravado. Jou stand-up comedy, vertel my hoe terrifying was daai shit.

RSF: Dis weird. Die hele feit dat ek die gevaaalik.com goed begin skryf het en daar buite gesit het en dat mense dit begin lees het, het my uit my comfort zone uit laat klim. Ek kom toe agter dat ek nogals goed perform as ek nie in my comfort zone is nie. Soos wat meeste mense maar doen. As jy hike en iemand swik sy enkel, het jy twee keuses…

SS: Jy kom agter waarvan jy gemaak is.

RSF: Dan moet jy dit maak werk. Ek het oorspronklik besluit om die stand-up comedy te doen net om myself op ‘n extreme manier uit my comfort zone uit te sit. Dis maklik om voor mense te praat. Dit was nog nooit vir my ‘n issue gewees nie. Maar om mense te probeer maak lag, en hulle is daar want hulle verwag jy gaan hulle maak lag, is terrifying. Ek kan nie vir jou die gevoel beskryf as die MC op die stage is, en jy weet jy is nou volgende, hy gaan jou nou announce… Ek kan nie vir jou daai gevoel wat jy in jou binneste kry beskryf nie. Dit is ‘n mengsel tussen bang wees, maar jy is ook opgewonde. En om actually dan die balls te hê om op te gaan en jou idees te probeer gee vir mense en hulle dan actually te maak lag en saamstem, dat hulle jou nie boo van die stage af nie. Dit het ook al gebeur.

SS: Assholes.

RSF: Ja, maar partykeer werk dit net nie. Die ding van stand-up comedy is, jy kan nooit die audience blameer nie.  Dis nooit ‘n kak audience nie, dis “wat het jy verkeerd gedoen”.

SS: Maar dan kry mens ouens wie se doel dit is om hecklers te wees. Wie se ding dit is om jou ongemaklik te maak omdat hulle insecure is oor hulself.

RSF: Ek het oorspronklik baie daarmee gesukkel, maar nou ek al gewoond daaraan. Jy moet maar net leer om te deal met daai shit.

SS: Los jou ego backstage en fokken slat hom. Wat sê hulle van courage? (in ‘n fortune cookie oomblik) “It’s not the absence of fear, it’s the…” jy weet, dat jy braaf genoeg is om jou fear te face.

RSF: Yes.

SS: Dit is COURAGE.

RSF: Dit is so met enigiets. As jy squash speel en jy loop op die baan en dink by jouself “Hierdie ou is soveel beter as ek, ek gaan verloor” dan gaan jy nooit wen nie. Maar, as jy opstap en jy dink “Hierdie ou is miskien volgens die rankings beter as ek, maar ek voel ‘n fok.”

SS: Niks om te verloor nie.

RSF: En al verloor jy, wat kom daarvan af? Jy word net beter.

SS: Jy leer.

RSF: Dis die belangrikste ding. gevaaalik.com was vir my ‘n massive learning curve.

SS: ‘n Deurlopende een.

RSF: Ja. Ek moes maar geleer het om dit te doen, en hier sit ons nou waar ons actually sponsored posts doen soos hierdie.

SS: En ‘n klomp kaste bier gekry het as pryse.

RSF: Ja, en dit het nie oornag gebeur nie. Dis nou eers waar ons actually geld maak. Ek het vandag ‘n post op gevaaalik.com gedoen – sponsored posts is nou maar deel daarvan. Maar ek gaan nooit enigiets aan jou probeer verkoop wat ek nie mee saamstem nie. PLAY ken ons almal. Ons almal het al energy drinks gedrink. Ons almal het al Jagerbombs gedrink met PLAY. Of “playbombs” of watookal jy dit wil noem.

SS: Speelbomme?

RSF: Ek gaan nooit iets adverteer aan iemand waarmee ek nie saamstem nie. Maar weer eens, omdat ons gevaaalik.com doen op ons eie terme, daars geen baas nie, hoef ons nie… Daar het al offers gekom waar mense gesê het hulle sal geld vir ons gee om shit te doen, maar dan moet ons vir ‘n maand ophou om die Vrydag Bederf en Stoute Boudjies te doen. Dan is ek soos “Fokkof! Ek gaan nie ophou om dit te doen nie.”

SS: Ja. Vat dit soos dit kom.

RSF: Dit is wat lekker is van jou eie baas wees.  it is waarheen ons obviously werk.

SS: So gaan ons afsluit?

RSF: Mmm-hmm.

SS: So basies, as ons nou net so hierso kyk, het (gevaaalik.com) gevat: BELIEF, dit gaan nou in Engels wees. Dink nou maar aan ons as Jakaranda FM.

RSF: (lag)

SS: BELIEF. Jy’t geglo dat…

RSF: Dis oppad iewers heen. Ek glo nogsteeds dat dit oppad iewers heen is.

SS: TENACITY, want jy’t gesê “Fok die kak, ek gee nie om wat enige iemand sê nie, ek gat dit slat” (WTF is slat?)

RSF: Exactly, fuck the haters.

SS: COURAGE! En jy moet obviously COMMITTED wees om (gevaaalik.com) te doen, want dit is elke liewe dag se werk. En jy moes nou my expertise gekry het. En ‘n DESIRE.

RSF: Ja, dis lekker vir my. Ek geniet dit om (gevaaalik.com) te doen. Dis die ding, al is dit werk voel dit nie vir my so nie. Dis ‘n DESIRE.

SS: Ok cool my bra. Ek hoop ons vat dit verder en raak ryk van (gevaaalik.com).

RSF: Thanks dat jy besluit het om my te interview in plaas van een of ander ander…

SS: Dis baie meer gemaklik.

RSF: Jy gaan nie weird vir my kyk as ek poep in die middel van die podcast nie.

SS: Nee!

RSF: Jy gaan tien teen een net lag.

SS: Jy stenk! Cool! Dit was die Power Play podcast, Play, #PlayIsWinning.

*Play Energy Drink en hulle verteenwoordigers stem nie noodwendig saam met wat in hierdie podcast gesê is nie.

You may also like...

2 Responses

  1. Stephanie says:

    In die famous woorde van Vincent Vega (John Travolta) en Mr. Wolf (Hervey Keitel) in “Pulp Fiction” Let’s not start sucking each other’s dicks just yet” . Ek check op ‘n. Daily basis gevaaalik.com uit en het al meenigte keure vir my engelse tjommies artikels gelees. Stix,jyt ‘n moerse skryf talent en ek like dit moerse om gevaaalik shit te lees. Die podcast is noggal inspiiring om te lees. So ek gan dit nou op gay en se “keep up the good work!!!”. Dis fokken awesome om te weet dat da nog genuine mense is wat net love wat hulle doen. FuckN A!!!!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Stephanie: Dankie vir die gawe woorde Stephanie. Altyd lekker om te hoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *