Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ons is ok. Is jy ok? Ek’s ok

Die mooi Afrikaanse woorde om dit te sê is: Ek is geestelik-moeg.

Vandag mik ek vir die gin en tonic. Ek is regtig ok, voor jy dink daar is ‘n probleem. Onderliggend, miskien, maar hierdie is meer oor ek wat moeg is, en almal om my wat moeg is. Ja, selfs JY, persoon wat nie van my hou nie. Almal lyk geestelik-moeg. Is dit net ek of voel dit soms asof ek moet werk om positief te wees oor goed?

Ons is ok

Weereens, ek’s ok. Dankie dat JY omgee. Maar as ek regtig positief wil wees deesdae moet ek my foon ignore en die internet (social media) vermy so ver as wat ek kan. Dit is moeilik om te doen, en dit is wat ek bedoel met “moeilik om positief te wees”. Selfs (dare I say) met die hoofstroom media is dit vir my moeilik om te onderskei tussen wat regtig belangrik is en wat net daar is om my clicks te kry. Deesdae voel dit amper asof my aandag afgetrek word met banaliteite.

In my woonbuurt sit mense nou al vir dae lank sonder lopende water. ‘n Realiteit wat elke dag vir baie Suid-Afrikaners ‘n probleem is. Nou in die suburbs van Pretoria-oos, maar vir jare al iets is deel is van die daaglikse lewe van duisende Suid-Afrikaners. Is lopende water, ‘n fundamentele mensereg, nie miskien bietjie meer belangrik as ‘n comedian-cage-fighting-kommentator se podcast nie? Miskien belangriker selfs as Neil Young wat jare laas nuwe musiek gemaak het. Onthou enige van julle dalk loadshedding? Maar nee, kom ons praat oor Bro Joegan en hoe hy deplatformed moet word.

Censorship in skaapsklere

Ek weet nie hoekom gaan ek nog op Twitter nie. Dit is ‘n hool “transgender-communist-witches” wat mense is wat nie regtig bestaan nie. Want geen normale mens sal optree in die regte lewe soos mense op Twitter optree nie. My inkluis. Maar die week op Twitter vertel ‘n ou my dat deplatforming nie censorship is nie. ‘n Woord so nuut tot die algehele dialek van die aarde dat Google Chrome (een van die slimste KIs in die wêreld) nog nie dit deel gemaak het van sy spellcheck funksionaliteit nie.

Dom mense moet hulle dom goed kan sê sodat die res van ons kan vinger wys en lag. Net so moet die slim mense hulle idees daar buite kry. Dit voel nogal baie vir my asof deplatforming net ‘n woord is wat opgemaak is omdat censorship bose konnektasies het (Nazi’s, Communist China, die Apartheid’s regime wat “Bakgat” van David Kramer verban het). Deplatforming is ‘n eufemisme vir censorsing. Veral in 2022.

It’s the circle of life the algorithm

Die probleem is dat op Twitter is dit baie makliker om breinlose onnoselhede uit te blaker in 280 karakters teks en te probeer slimmer klink as die volgende “transgender-communist-witches”, myself inkluis, as wat dit is om ‘n oop gesprek te hê. Dus, word hierdie platforms maklik ‘n versameling van kleuterskool skregevegte en laerskool hopie speletjies. Want almal moet ‘n kant kies. As jy altwee kante probeer hoor en miskien uitwys dat altwee kante party argumente en idees het wat 100% geldig is, dan is jy onmiddelik die vyand. So erg so dat mense vir jou YouTube links sal stuur op WhatsApp om jou te probeer oortuig om ook hulle kant te kies. En so is die siklus voltooi. Die algoritme gebruik organiese wesens sy werk te doen: Versprei wat mense terug gaan bring na die platform toe. Dieselfde platforms wat ons deesdae mense vanaf verban. Verskoon my, deplatform.

WHY SO SERIOUS? - joker | Meme Generator

Die silver randjie op die wolk

Soos ek ‘n suurlemoen uit die vrugtebak vat vir my gin en tonic voel die suurlemoen se skil vir my meer soos leer as die skil van ‘n suurlemoen. Die is ‘n suurlemoen wat al te lank in die vrugtebak lê. Bewyse dat ek nie elke dag gin en tonic drink nie, ma. Ek is ok. Soos ek die suurlemoen oop sny, sien ek pitte wat effens te groen lyk. Hierdie pitte het al ontkiem, want maak nie saak wat gebeur nie party sal altyd aanhou probeer maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie. Dit is nie meer waar vir enige iets op hierdie planeet as die mensdom nie.

In 1981 skryf Ozzy Osboune:

Crazy, but that’s how it goes
Millions of people living as foes
Maybe it’s not too late
To learn how to love
And forget how to hateMental wounds not healing
Life’s a bitter shame
I’m going off the rails on a crazy train
I’m going off the rails on a crazy train

Ozzy Osbourne – Crazy Train

Ek is nie verbaas so baie van ons lyk geestelik uitgeput nie. Die internet put ons uit, veral die social media kant van dinge. Deur die lockdowns het mense baie meer tyd op die internet begin spandeer, en angs en depressie is at an all time high. Selfmoord onder kinders is hoër as wat dit nog ooit was, en die internet/selfone is die common denominator.

Algoritmes wat ontwerp is om jou terug te dryf na die platforms toe het ongelooflik goed geraak met dit. Die algoritmes kan manipuleer word. Onthou dit. Ons gaan ok wees, maar dit gaan bietjie effort vat van JOU af. Dinge gaan beter raak, maar dit gaan eers nog baie weird raak.

Wees skepties. Maar luister wat mense sê. ALMAL het ‘n behoefte om gehoor te word. Ons almal se behoeftes is anders, maar niemand se behoeftes of idees kry voorkeer bo die ander nie. Jy hoef ook nie saam te stem met alles waarna jy luister nie, en dit is ok om jou siening aan te pas as jy nuwe informasie kry wat betroubaar is. Doen jou eie navorsing. En for fuck’s sake, moet niks forward of aanstuur as jy nie self navorsing gedoen het om te kyk of jy nie geval het vir die lokval wat ‘n algoritme vir jou gestel het nie.

Ek is ok. Ons sal ok wees.

In afsluiting quote ek nog ‘n metal-skrywer, Dave Mustain: “Peace sells, but who’s buying?”

Wat koop jy met jou tyd op die internet?

You may also like...

2 Responses

  1. Poesbek steve says:

    Howdi bra. Kudos dat die site nog run. Aanhouer wen. Ek sien ek het jou kak getune presies 9 jaar gelede oor die etol sage en steeds is dit in die nuus. Anyhow hou die blink kant bo ou grote

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *