Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Emma van Heyn – pop raak weird op ‘n goeie manier

Teen die tyd behoort dit jou nie te verras dat ek ‘n fan is van “weird” nie. Selfs wanneer die weird val in ‘n genre wat ek gewoonlik vermy soos pes, dan kan ek myself nie help nie. Ek het oor die laaste paar weke in ‘n moerse Halsey fan verander, en haar laaste album is die definiese van weird, veral vir die pop genre. Toe ek die music video vir Emma van Heyn se “Looking for Amanda” gesien het twee weke terug, was ek dadelik geintreseer.

‘n Riff en ‘n idee, en daar gaan Emma

‘n Vriend van Emma, Moses Martinez, het haar laat weet hy wou ‘n song saam haar skryf. Soms is ‘n riff en ‘n idee al wat dit vat: “Moses wou drie dinge by my hê – die titel moet ‘n meisienaam bevat, die storie moet by die kus afspeel en handel oor ‘n ou wat bitter graag ‘n meisie wil hê, maar haar hart lê iewers anders”, verduidelik Emma oor “Looking For Amanda”.

Dit is duidelik dat hier meer aangaan as net ‘n pop song. Vir my gaan musiek oor meer as hoe dit klink. Ek hou daarvan om te wonder oor die inspirasie agter die musiek, en ook hoe die kunstenaar(s) hulle idees probeer uitbeeld en ‘n realiteit maak. “Looking for Amanada” vertel die storie van ‘n stalker, of ‘n obsessie met iemand.

Obsessie is ‘n vreemde ding. Ek raak baie obsessief, oor baie dinge. Ek was gelukkig dat my obsessies nog altyd verander het in ‘n Muse meer as ‘n probleem. As jy gaan krap deur my kuns dan sal jy baie stukke sien wat almal duidelik vanaf dieselfde obessie kom.

Andy Warhol het ‘n obsessie gehad met “fame” en van daar kom sy werk wat baie gefokus het op beroemde mense, maar ook logos en bekende beelde. Van daar kom Warhol se ikoniese screenprint kunswerk van Marilyn Monroe. En daardie gevoel van obsessie trek deur in die music video van “Looking for Amanda” netsoveel soos dit in die lirieke doen.

‘n Video so weird dat dit awesome is

Die video begin met ‘n girl wat sit presies soos ‘n girl se mammas sal sê om nie te sit nie. Dik babbelas Breakfast at Tiffiny’s vibes. Dan sien jy vir Amanda (Emma) en dan draai dit uit die eerste girl is nie eintlik ‘n girl nie.

Die video is great en die song is catchy, al handel dit oor ‘n redelike donker tema. Mens kan sien daar is baie dinkwerk in die video in, en dit fram die musiek perfek.

Vang Emma van Heyn live

Van Emma van Heyn se outobiografiese vertoning van ‘Met Slenterslag na Shanghai’ 3 November by Die Boer. Bespreek jou kaartjies hier.

Emma van Heyn Sosiale Media

Emma van Heyn photo by Allister Christie

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *