Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dullstroom Winter Festival

Net soos verlede jaar gaan Dullstroom vanjaar die winterkoue bietjie wegjaag met die annual Dullstroom Winter Festival en awesome blues musiek. Guitar gode Albert Frost en Dan Patlansky headline die jaar se Festival, wat plaasvind oor die naweek van 6 tot 8 Julie.

Die festival het verlede jaar begin en dié jaar gaan Dullstroom weer die middelwinter-naweek vier met fly-fishing, trail running, whiskey-proe, tuisgemaakte bier, ‘n kosmark en nog ander goed. Dit alles saam met so paar awesome musiekoptredes.

Dullstroom se Cherry Grove piazza is waar die musiek gemaak gaan word die Vrydag- en Saterdagaande. Albert Frost en Dan Patlansky gaan daar wees om die blues te speel soos net hulle kan. Hoe kan ‘n naweek wat ge-headline word hierdie twee blues legendes nie awesome wees nie? Albert en Dan word dan support deur Southern Gypsy Queen en Black Cat Bones. Kate Borthwick maak ook ‘n draai. Goeie musiek gaan daar beslis wees.

Daar is ook ‘n fly-fishing kompetisie vir Anti-Rhino Poaching Charity. So as jy jouself ‘n fly-fisherman ag, kontak gerus vir Del-Monte Roberts by dr@zestpropertygroup.co.za vir meer info.

Kaartjies vir altwee aande se musiek en goeie tye is teen R100 beskikbaar by TicketBreak.

Vir nog info oor die festival of beskikbare akkomodasie, gaan loer na www.dullstroomwinterfestival.co.za. Ek dink ek gaan probeer om ‘n draai te maak vanjaar. En as jy nie Albert Frost ken nie, loer na die video hier onder.


by Stix

You may also like...

1 Response

  1. May 10, 2013

    […] Rats (Australia), Beach Party, Bateleur, The Stella's, ISO, Shortstraw, Beatenberg, Albert Frost, Taxi Violence, Hot Water, Matthew Mole en Nakhane […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *