Wen ‘n tattoo of piercing voucher van Jaded Ink
Ons partnership met Jaded Ink is official. Om dinge sommer met ‘n bang af te skop gaan ons saam met Jaded Ink ‘n kompetisie run, elke maand vir die volgende ses maande. Elke maand kan jy ‘n R850 tattoo voucher wen of ‘n R250 piercing voucher. Lekker, nè? Om vir Jaded Ink te bedank hiervoor, gaan like asseblief die Jaded Ink Facebook Page en volg hulle op Twitter by @JADEDINKZA. Ons gaan in die komende maande nog baie goed saam met hulle doen, so hou die site en hulle pages dop vir al die info.
Hier is wat jy moet doen om in te skryf:
Stuur vir ons ‘n prentjie of ‘n foto van die tattoo wat jy wil kry deur ons Twitter: @gevaaalikdotcom met die hashtag #gevaaalikINK of e-mail dit na my met #gevaaalikINK in die subject line. My e-mail adres is op die KONTAK ONS page. Ons kies die top vyf uit die inskrywings en dan gee ons dit vir die tattoo artists van Jaded Ink om een wenner uit die finaliste te kies. Vir die piercings is dit bietjie maklikker. Al wat jy moet doen is om in die comments hier onder vir ons sê watse piercing jy wil kry, en die wenner word randomly gekies. Alle wenners sal op Jaded Ink se show op Rock FM 91.9 aangekondig word. Vir hierdie maand se vouchers het jy tot 30 Junie 2012 om in te skryf.
Obviously moet jy 18 of ouer wees om deel te neem aan die kompetisie en ons besluite en Jaded Ink se besluite is finaal. Daar sal nie eers na enige gegrens geluister word nie.
Snakebite 🙂
Ek, liewe mense, soek ‘n tragus piercing. Net so. Dankie 🙂
Awesome would take a standard lip ring. Epic fail with the previous try.
I would like to do a slavery piercing