Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die lewe is kort, kom ons Scuba

Ek het onlangs weer bessef dat ek nie genoeg lewe nie. Ek sien elke dag dieselfde vaal geboue in dieselfde stad. Alles herhaal net oor en oor. Dus het ek besluit om weer iets nuut aan te pak. gevaaalik.com gaan leer Scuba en ons het besluit om vir Claudi Pieterse saam met ons te vat. Geko Divers is die mense wie ons gaan leer duik, ons werk net saam met professionals. As jy ook bietjie uit die huis en katoor uit wil kom om te lewe, dan kan jy saam met ons leer scuba.

Geko Dive en gevaaalik.com gaan duik

Ons moet eerste ons PADI Open Water Dive Course doen. Ons gaan daardie outjie aanpak in Oktober, aangesien die weer nou lekker warm begin raak. Die PADI Open Water Dive Course is 3 dae se training. Dag een doen jy teorie en dan doen jy so paar duike in ‘n swembad. Dag 2 doen ons so 2 duike by Miracle Waters en dag 3 is ook 2 duike by Miracle Waters en dan na die duike doen jy gou jou monkey puzzle exam om ‘n quilified open water duiker te word. Ons gaan natuurlik die hele experience document met video, skryf stukkies vir die site en ‘n podcast hier en daar. Jy gaan deel wees van alles.

Om te leer duik kos nie ‘n arm en ‘n been nie

Wat gaan dit jou kos om te begin lewe? Verbasend is Open Water courses nie so duur nie. Ons het baie rondgekyk en met mense gepraat wat reeds duik en daarom het ons besluit om met Geko Divers te betrek en vra om te help. Jy kan nie ‘n prys op so ‘n ondervinding sit nie, maar in die geval is die kursus se prys R4195.

Die R4195 sluit al jou kurses materiaal in en Geko was nice genoeg om vir ons ‘n spul vouchers in te gooi wat vir jou lekker afslag kry op dive equipment as jy sou besluit om te begin jou eie goed koop. Ek het reeds my oog op so paar dinge, soos ‘n dive computer (fancy woord vir duik horlosie) en met die vouchers spaar ek letterlik duisende rande.

Gaan jy saam met gevaaalik.com kom duik?

As jy dus saam met ons wil kom duik, daar is 3 spots oop in die “gevaaalik.com dive school”. Dose need not apply, ons gaan hierdie doen om dit te geniet en wil dit graag saam met mense doen wat hou van kuier en adventure. Sodra ons klaar ons Open Water gedoen het gaan ons begin beplan aan ‘n see duik in Mozambiek of Sodwana, en as jy wil sal ons vir jou ‘n spot daar ook save.

Cave to Dive

Die dae wat ons duike doen by Miracle Waters gaan my en Scuba Steve se vrouens daar wees, en dan gaan ons sommer lekker braai ook. Julle (jy en jou ou, of meisie, of vriend) is welkom om saam met ons te kuier en braai.

Wat wil jy nou meer hê? ‘n Kans om bietjie uit die boksie van ‘n boring lewe te breek, ‘n kans om saam met ‘n gevaaalike dame te duik en ‘n avontuur van ‘n leeftyd soos net gevaaalik.com dit kan doen. As jy belangstel, kontak my gerus op enige manier; e-mail (stix[at]gevaaalik[dot]com), Tweet, Facebook, of los ‘n comment hier onder en ek sal vir jou al die besonderhede stuur. Ek is fokken opgewonde vir die nuwe adventure. Kom jy saam om die onder water wêreld te explore?

You may also like...

4 Responses

  1. September 8, 2014

    […] Tyd vir 'n nuwe avontuur, ons gaan leer duik, en jy kan saam met ons en 'n gevaaalike dame kom duik. Al die tetails wat jy kort is hier: Die lewe is kort, kom ons scuba […]

  2. September 11, 2014

    […] Ons het besluit om 'n nuwe avontuur aan te pak. As jy saam met gevaaalik.com en 'n gevaaalike dame wil leer duik, lees hier. […]

  3. October 3, 2014

    […] scuba diving. As jy nog nie weet nie, Dawie gaan vir my en gevaaalike dame Claudi leer scuba dive. Ons het nog plek vir 3 ander mense in ons klas. As jy wil saam kom stuur vir my 'n e-mail by stix[at]gevaaalik[dot]com, of tweet en ek sal al die […]

  4. October 6, 2014

    […] Jy kan ook die onderwater wêreld saam met gevaaalik.com en 'n gevaaalike dame kom exlpore. Besonderhede hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *