Help om die Medical Cannabis Cultivation Guidelines te vorm

Jy het teen die tyd al gehoor dat Suid-Afrika mediesedagga will wettig maak. Medical Cannabis Cultivation Guidelines is so rukkie terug al vrygestel en die publiek kan nou terugvoer gee op die raakwerk wat die Medical Control Council van Suid-Afrika aanmekaar geplak het.

Ek sê geplak, want die ding is duidelik glad nie mooi deurgedink nie. Daar is baie grys areas en vrae wat mens het terwyl jy deur die ding lees, (jy kan dit hier lees)en op die ou einde van die dag is dit duidelik dat hierdie nou net wil gebruik word sodat groot pharmaceutical companies geld maak uit “wettige dagga” terwyl almal anders nogsteeds toegesluit gaan word vir iets wat relatief skadeloos is in vergelyking met baie ander goed wat ons daagliks kan koop, soos suiker.

Hoe kan jy help om die dagga-raamwerk te skep?

Jy moet eenvoudig ‘n email stuur. Ek het self ‘n email gestuur, want hierdie is een aktiewe manier hoe ek moontlik ‘n verskil kan maak aan die rigting waarin ons land beweeg, anders as om te gaan stem vir die korrupte drolle wat in beheer is van ons politiese partye. Omdat ek reeds die nodige email getik het, kan jy hom net copy en paste en stuur na die paar email adresse hier onder gelys.

Hier is die copy en paste email:

To the Medical Control Council of South Africa,

This is a direct response and comment on the recently proposed Medical Cannabis Cultivation Guidelines that were released.

In summary the guidelines will not address the single most harmful aspect of cannabis on the South African peoples: Incarceration, and criminal prosecution for the use of cannabis and it’s derivatives.

Locking people up for cannabis destroys lives and giving someone a criminal record for the use of cannabis makes it impossible to regain a normal life even when released from prison. In essence the aggressive hunting down of cannabis users in South Africa by the SAPS and government is creating more problems and harm to the South African people, than the use of cannabis ever will. The war on drugs is a global failure and South Africa has the opportunity to show again that it’s progressive and informed, by not treating cannabis use as a criminal issue, but as a health education issue instead.

If anything is criminal it is that we destroy people’s lives for using the cannabis plant, when there are much more harmful substances available legally.

Other problems with the MCC Medical Cannabis Cultivation guidelines:

  • Excessively unattainable application restrictions
  • Illogical Security, Personnel, Equipment and Cultivation requirements
  • No Home Cultivation, Co-op or Social-club models considered
  • No Primary Care Giving or Compassionate Care model
  • No clarity on different forms of cannabis administration
  • Lack appropriate cannabis dispensing models
  • Unsubstantiated INCB restrictions and quotas
  • No affordable patient access to medical cannabis discussed

I trust that you will take these problems into consideration when making the needed changes to the Cannabis Cultivation Guidelines of South Africa.

High regards,

Ruan Fourie  Sit jou naam hier.

Vir wie jy die email stuur:

Stuur dit sommer aan al hierdie mense hier onder gelys, want dit is hulle wat dit moet sien.

gouwsj@health.gov.za,DG@health.gov.za,mdunjwa@parliament.gov.za,dsenokoanyane@gpl.gov.za,wjames@parliament.gov.za,snkomo@parliament.gov.za,nmatiase@parliament.gov.za,cmajeke@parliament.gov.za,pmaesela@parliament.gov.za,ngodi@parliament.gov.za,moleps@health.gov.za

Ons kans om ‘n verskil te maak

Deel hierdie op social media (Facebook, Twitter, Instagram, Reddit) en vra so paar van jou vriende om ook die email te stuur. Gryp vanaand jou beter helfde se foon en stuur ook die email sommer van hul foon af. Dit gebeur nie baie dat die ou op straat soos ek en jy kans kry om stem dik te maak oor die gemors wat ons regering wil aanjaag nie. Hierdie is ons kans!

You may also like...

1 Response

  1. March 29, 2017

    […] Help om Suid-Afrika se wetgewing rondom mediese-dagga te vorm deur my copy en paste email te stuur na die email adresse wat ek jou ook gee. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *