Playstation 4 vs Xbox One: Sony kraai koning

Die van julle wat gamers is sal moontlik weet wat gaan aan met die launch praatjies oor Xbox One en Playstation 4. As jy dit nie volg nie, kom ek gee jou ‘n vinnige roundup. Sodat jy die slim besluit an maak as dit kom by die next generation gaming consoles kom.

xbox-one-vs-playstation-4

Die Xbox One

Die Xbox one kom standaard met die Kinect 2.0 uit. Dit is reg, jy het nie ‘n keuse oor of jy ‘n Kinect wil hê of nie. Aangesien die Xbox One heeltyd connected moet wees aan die internet (ons gaan nou meer oor daardie pot kak praat) is mense bekommerd oor die privacy issues. Die Kinect gaan heeltyd aan wees, dus gaan die camera jou kan sien draties kap oor jou Blu-ray porn movies.

Daar is ‘n ongelooflike draconian DRM system vir Xbox One. Jou Xbox One gaan moet kan connect tot die internet tenminste 1 keer elke 24 uur, anders kan jy nie games speel op hom nie. Jy sal nog jou Blu-ray porn kan kyk, maar as jou Xbox One nie daagliks die internet kan surf nie, gaan hy jou nie toelaat om die games te speel waarvoor jy betaal nie. Die sal die hoof rede wees hoekom ek gaan weg beweeg van die Xbox af en terug moer na Playstation.

O, en as jy second hand games gaan wil speel op die Xbox One, fok jou ook. Jy kan, maar jy gaan dan ‘n fee moet betaal om die used game te kan speel, so basies kan jy maar net so wel die game nuut koop.

Die Playstation 4

Daar was baie rumors oor die Playstation 4 wat dieselfde DRM system gaan hê as wat die Xbox One het. Gelukkig is dit nie die geval nie. Sien Sony was slim met die Playstation 4. Hulle het die response gesien wat Microsoft gekry het van hulle fans af met al hulle tos idees en toe gaan doen hulle al die goed waaroor mense gekla het eenvoudig nie. Wat dit beteken is dat Sony verseker nou ‘n groot hoeveelheid van Microsoft se users gaan steel, omdat hulle luisters na die mense wat die consoles op die ou einde van die dag gaan koop.

Dus hardware gewys is die Playstation 4 en die Xbox One min of meer dieselfde. Die groot verskil kom in by used games en die DRM system. En Sony weet dat hulle nou in die lead is, dus het hulle hierdie tong in kies video gemaak van hoe om used games te share op die Playstation 4. Die kersie op die koek? Die Playstation 4 gaan omtrent R1500 goedkoper wees as die Xbox One as jy kyk na die pryse wat die twee companies bekend gestel het. Microsoft verdedig nou die duurder prys met “Maar jy kry die Kinect by en dit is hoekom die Xbox One duurder is”. ‘n Onnosel stelling om te maak, aangesien niemand gevra het vir ‘n Kinect as standaard by die Xbox One nie.

Hier is die video wat Sony gemaak het oor used games en die Playstation 4. Ek moet dit vir Microsoft gee, hulle het vir ons almal gewys hoe om baie van jou users te jaag na jou kompitisie toe, idiots. Wat dink jy? Gaan jy met die Xbox One (of Xbox Nazi soos ek hom deesdae noem) of die Playstation 4 gaan?

You may also like...

4 Responses

  1. Bok says:

    Ek sal maar my Xbox 360 hou en as ek n nuwe cosole moet aanskaf, sal ek heel waarskynlik die PS4 koop, tensy Microsoft hulle kak houding verander oor hoe die Xbox one moet operate.

  2. Viv says:

    Ek was altyd n Playstation fan, ek het n xbox 360 ok, maar werklik, ek speel meer op die Playstation 3, hierdie is maar net nog n rede hoekom dom mense sal aanhou om Bill ryker te maak.

  3. Dude says:

    Ek self n PS fan, maar as jy gesien het wat die Xbox one als kan doen bo die PS 4 , sal jy wil palm pomp in die kamer, dit is regtig impressive, behalwe nou vir die bogenoemde kak..

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Dude: Ek hou die hele Xbox One en PS4 goed nog heelpad dop. Niks wat op die Xbox One gaan wees is massively innovative of beter as enige ding wat die PS4 kan doen nie. En dit kom nou van ‘n ou wat ‘n Xbox fan is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *