Mortal Kombat X lyk awesome

Ek is van kleins af ‘n groot fan van Mortal Kombat. Ek en my oudste vriend het ure by sy huis spandeur voor die SEGA net om Mortal Kombat te speel. Die franchise is al baie in die sop gewees oor dit violent is en die nuwe Mortal Kombat gaan ook maar violent wees as ek so kyk na die announcement video wat ons vertel van Mortal Kombat X wat in 2015 kom.

Mortal Kombat X Finish Him

Dit lyk nie soos in game footage nie, maar ons sien wel vir Scorpio en sy ou nemesis Sub-Zero wat mekaar donder. Ons sien albei karakters se signature moves is terug, die Ice Ball en die Spear Pull. Daar is ook ‘n deel wat mens baie laat dink aan 2011 se Mortal Kombat se x-ray vision wanneer Scorpio vir Sub-Zero klits met sy teleport punch.

Ek dink dit lyk befok! Wat dink julle? Kyk die video en los ‘n comment met jou opinie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *