Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

RUSH – ‘n eerste vir SA

Rush was awesome, so eenvoudig soos dit. Rush is die eerste event van sy sort in Suid Afrika, met vyf verskillende eSports onder een dak. CS:GO tot Hearthstone en baie tussen in, maar dit was nie die groot rede hoekom daar so groot buzz rondom die event was nie. Die groot rede was die League of Legends toernooi wat deur HP Omen aangebied was. In die toernooi het ons gesien hoe een span die kans gekry het om Prague toe te gaan vir die For Gamers toernooi. Valkyrie het die wen gevat teen oor Goon Squad. 2-3

Die CS:GO toernooi was reg langs die League of Legends stage aan die gang, hoe cool is dit? Natuurlik as ‘n groot CS fan het ek vasgenael gesit by die stage. Ek gaan jul nie verveel met al die matches nie, die belangrikste is net die finaal. Was dit nou nie vir jou omtren ‘n nael byter nie? Soos meeste van die tyd is die finaal tussen Bravado en Energy eSports. Soos gewoonlik het Bravodo NIE gewen nie. Wag, WAT??? Ja, Energy het uiteindelik vir Bravado geklop in ‘n toernooi. Dit was omtrent ‘n angswekkende match. Energy het hom gevat 3-2. Met die wen is Energy deur na die volgende rondte waar hul op ‘n internationale vlak gaan deel neem.

Die tournament stuff een kant. HP Omen het ‘n moerse cool stand gehaat. Hul het van hul nuutse laptops en desktops daar gehaat om meet e spog. Jy kon selfs op hul speel as jy sou wou, daar was games vir almal. Een van die games was Player Unknown’s Battleground. Nou soos jul weet is PUBG ‘n well documented game op gevaaalik.com. So natuurlik het ons ‘n rondte gespeel. Stix het nog nooit PUBG gespeel nie. Op die intrap slag het hy sommer 3de gekom. Volgens my was hy net ‘n bangbroek en het dit te veilig gespeel. Bleikbaar is dit deel van die game. Jy sien as ek gespeel het sou ek balls to the wall gegaan het en net in gedonner het, dis ook seker hoekom ek eerste sal vrek.

Daai HP Omen masjien is wel, ‘n masjien. Dit is een van die sleekste laptops wat ek al gewaar het, met die specs om dit te komplimenteer ook nog. As ek die geld gehad het, het ek verseker nie nou die berig op my 5 jarige laptop getik wat se se fan raas en screen nou end an af gaan nie. ‘n Klap los darem die problem op.

Die Kaizer Chiefs, ja die sokker span, het ook saam ACGL ‘n Fifa toernooi gehou waar Simpiwe Tshabalala ook gesig kom wys het. Mnese het in lang rye gestaan om in die toernooi deel te neem. Ek dink ACGL het hul werk baie mooi gekwyt. Baie pryse is weg gegee. Awesome stage met awesome branding. Wil amper se dis my gunsteling verhoog gewees (insert stage selfie hier).

Om op te som was Rush ‘n moerse sukses. Ek hoop daar kom nog baie van die tipe events uit die Rush/Rage kamp uit. Daar is niks so lekker soos om eSports live te sin nie. Dit is immers die rede hoekom ek in die industrie in gekom het. Dit het net een event gevat. So kry jou gat van die bank af en kry my by die volgende live match.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *