Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ek is Batman met Batman Arkham VR hands on

Toe ek my oë oopmaak toe staan ek voor ‘n klavier. Ek weet nie hoe het ek daar opgeëindig nie. Soos ek afkyk na die klavier sien ek my hande. My kneukels is stukkend en my hande is vol merke en rowe, duidelik het ek my vuiste weer gebruik gisteraand.

“Rough night sir?” hoor ek oor my regter skouer in ‘n Britse aksent. Dit is Alfred.

“When did you return?” vra hy en ek wens ek het geweet.

batman_arkham_vr_alfred

Alfred preek vir my oor slaap by die klavier en na ‘n kort, vreeslike eensydige, gesprek begin hy weg beweeg. Hy stop en steek sy hand uit.

“Ah, you are looking for this I’d imagine.”

In die palm van sy hand is ‘n sleutel. Ek steek my hand uit en vat die sleutel uit die palm van sy hand. Dit voel alof dit die eerste keer is wat ek my hande gebruik. Ek hou die sleutel vas en draai my hand heen en weer, sodat ek die sleutel van alle kante kan bekyk. Vir ‘n oomblik weet ek nie waarvoor die sleutel is nie en toe besef ek die klavier kan oopgesluit word.

Ek druk die sleutel in die sleutelgat en draai, ek hoor ‘n klik soos die slot oopsluit. Die deksel oor die klavers pop oop en ek tel hom op. Ek kan nie klavier speel nie, so ek druk net so paar random klavers. Skielik is daar ‘n groot klik geluid en die klavier beweeg weg van my af. Onder my hoor ek iets wat klink soos ratte wat draai.

batman-arkham-vr-batsuit

Die grond rondom my begin bewe en skielik begin ek sak in die grond in. Ek voel effe van balaans af soos die platform waarop ek staan sak tot onder grondvlak. Wat lyk soos ‘n swaar metaal doodkis beweeg tot reg voor my. Die kis gaan oop en binne in sien ek die Batsuit. Daar is ‘n stem wat vir my sê watter weergawe van die Batsuit hierdie is, maar ek is so stomgeslaan dat ek nie regtig hoor wat vir my gesê word nie.

Ek steek my hand uit na die Batman embleem op die bors van die suit, want die ding gloei blou. Skielik hou ek ‘n holographic weergawe van die blou, gloeiende embleem in my regterhand vas. Die instruksies is om dit op my bors te plaas. Ek maak so, en skielik kyk ek af om te sien dat ek nou die Batsuit dra. Volgende beweeg daar twee silinders voor my in. Die stem sê iets van gauntlets. Ek vat vas aan die twee handvatselfs voor die slilinders. Die silinders skuif oor my hande en weer terug. Nou is die gauntlets aan my hande en ek voel dadelik meer soos Batman.

batman-arkham-vr-cowl

Die Batman cowl beweeg tot voor my. Ek steek my hande uit en haal die cowl van die staander af. Ek bekyk die ding van alle kante en plaas dit na so rukkie op my kop. ‘n Skerm het intussen voor my opgekom en die skerm word gebruik as ‘n spieël. Vir die eerste keer sien ek my gesig. Ek is Batman. Ek draai my kop heen en weer, en bekyk myself van alle kante. Ek is regtig Batman.

My grappling gun en forensic scanner word ook aan my gegee deur die masjien. Ek plaas die grappling gun op my regter heup, en die forensic scanner op my linker heup. Altwee klip maklik aan my utility belt vas. Die volgende ding wat die masjien vir my gee is my Batarang. Ek bekyk ook die Batarang vir ‘n hele ruk voor ek dit slinger na die teiken wat die masjien vir my beskikbaar gestel het. Kolskoot!

batarang-batman-arkham-vr

Nog drie Batarang gooie verder, en ek plaas die Batarang voor op my utility belt. Die grond begin weer bewe en die plaform onder my begin weer ondertoe beweeg. Die keer verloor ek nie my balaans nie, tot ek uit die skag uit beweeg in die oopte van die Batcave in. Daar is water wat drip en dit is ver tot onder. My bene word lam toe ek afkyk en sien net hoe ver dit is. Ek kyk rond om alles te probeer inneem. Dit is asemrowend en skrikwekkend op dieselfde tyd.

Toe die platform na ‘n hele ruk weer tot stilstand kom word alles voor my weer swart. Ek haal die Playstation VR headset van my kop af.

“Holy shit! That is unbelievable. It felt like the ground was moving underneath me. I was fucking Batman and I was just standing in the Batcave. This is incredible.” sê ek vir die Rocksteady game developer wat my die demo gegee het van Batman Arkham VR.

Ja, ek was miskien nie regtig in die Batcave gewees nie, maar die Virtual Reality het dit laat voel asof ek is, met bewondering na wat ek sien, en lam knieë weens my kom en gaan hoogtevrees tydens my afdaling na die Batcave. Ek was eintlik net in die hospitality suite by rAge om my hands on te kry met Batman Arkham VR. Ek was Batman.

“Hom much time do we have left? Can he try it too please?” sê ek vir die Rocksteady developer terwyl ek na my fotograaf en vriend wys.

“Jacques, jy moet hierdie fokken beleef dude. Dit is ongelooflik.”

“Sure. Come on over.” Jacques loop verby my en oorhandig sy kamera. Ek is jaloers. Eintlik wil ek aanhou Batman wees.

You may also like...

3 Responses

  1. Vannhh says:

    Ek moet bieg, Arkham Knight se Batsuit v8 het vir my vorige Batsuits gespoil vir altyd. Sonder daai badass armor plating lyk die voriges vir my almal soos baie slegte cosplay.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Ek het dieselfde ding vir die Rocksteady developer gesê wat daar was. Hulle studio doen goeie werk.

  3. Vannhh says:

    Ek sal my linker bal gee om hulle concept artists te ontmoet.. En vir die readers wat nie weet waarvan ons praat nie, check hier: https://www.youtube.com/watch?v=PFZpDpdBiyo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *