Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dans jou piel ‘n paal my seun!

Jis, jis, gevaaalike jongmense, oumense vroumense en kinders.

Hierdie was wat ‘n mens noem ‘n fokken besige week. Gelukkig het ek tyd om vir die geharde fans ‘n Vrydag Party Song te post. Die fok weet, dis al wat die week gaan beter maak.

Laat gaan jou sorge, trek jou dansskoene aan en smelt die fokken teels. Dis min of meer ‘n week voor Koppi en ‘n maand voor Snorgustus, so maak die litte los en oefen die gevaaalikheid wat in elkeen van julle siele rus.

Hopelik kan die fokken Bokke ook beter perform hierdie naweek, hoewel ek betwyfel dit sterk. Pieter DiVi het duidelik nie ‘n fokken clue wat hy doen nie. Dalk kan die spelers hul eie inisiatief gebruik en met ‘n beter game plan vorendag kom môre.

Nou ja, die week is verby en dis tyd om jou piel ‘n paal te dans. Geniet die treffer!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *