Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe The Smashing Pumpkins – Tiberius

Dit is vir niemand nuus dat The Smashing Pumpkins nie meer is wat hulle was nie. verseker een van die beste bands wat daar nog was, maar hulle is verseker nie meer Siamese Dream-era The Smashing Pumpkins nie. Ons weet ook natuurlik dat die lede van die band baie verander het, met Billy Corgan wat pretty much die show run. Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie, want Billy Corgan is verseker ‘n genius musician.

The Smashing Pumkins 2014

Nou het ons ‘n voorsmakie van The Smashing Pumpkins se nuwe album, Monuments to an Elegy, met die song “Tiberius”. Ek moet sê hoe meer ek die track repeat, hoe meer hou ek van dit. Dit is altyd vir my ‘n goeie teken as ‘n album of song nie dadelik vir jou great klink nie, maar beter raak hoe meer jy dit hoor. Dit beteken dat jy nie gatvol gaan raak vir die album of song na jy dit so paar keer gehoor het nie. “Tiberius” is verseker The Smashing Pumpkins; great guitar en ‘n super solid rhythm section.

Check die song uit hier onder en laat weet wat jy dink in die comments. Of comment op ons Facebook page, of tweet ons en jy sal vinnig ‘n reply kry.

You may also like...

3 Responses

  1. pisgesig says:

    Not bad. Klink nader aan die pumpkins van oud ja

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Yes. Dit het gegroei op my. Het heelaand in my kop vasgesit gisteraand.

  3. JC Nieuwoudt says:

    Ek is al my hele lewe ‘n pumpkins fan van formaat maal ‘n duisend. EK LOVE die song!! ek kanie wag om die album te koop nie. ek het alles van hulle! hoop maar ons sien die album hier die 9de!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *