Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat het ooit geword van Candice Hillebrand?

Candice Hillebrand op die FHM van Augustus 2001.

Dié van julle wat as kind KTV kon kyk, sal dadelik weet van wie ek praat. Candice Hillebrand se claim to fame is dat sy een van die eerste (en langste) presenters op ou KTV was. Nadat sy te oud geword het daarvoor, het sy padgegee daar, en ewe skielik was sy nie net die presenter van allerhande ander nie-kinderprogramme nie, sy was in die fokken FHM.

As ek reg onthou was dit toe die FHM nog net R20,95 gekos het (en die pitte werd was). Candice is in daardie tyd ook ‘n paar keer in die “FHM 100 Sexiest Women” opgeneem, en sy was nogal ‘n groot favourite vir FHM, soos wat Kerry McGregor ook later geword het. Ek is bevrees dinge het seriously fokken downhill begin gaan daarna. In 2005 speel sy in ‘n horrible B-graad Viking version van die Beauty and the Beast-verhaal. Die acting laat 7de Laan soos Emmy-materiaal lyk, so don’t bother watching it.

Hierna begin Candice sing, en pak sy haar tassies vir Amerika, waar sy blykbaar haar music career wou… um… voortsit/verbeter/begin? Anyway, aangesien ons nog nie na Candice Hillebrand op die radio luister nie, we can only assume it hasn’t been successful. As jy regtig belangstel, kan jy op haar MySpace page gaan luister na van haar musiek. (Seriously, MySpace? Ek het nie geweet mense gebruik dit nog nie.) Needless to say is haar stem nie naastenby wat haar fokken looks is nie.

Die Media24 budget was tight, so alle foto’s is ook in PG geskiet vir ingeval.

Intussen het sy darem ook die moeite gedoen om vir Maxim te pose (heel onder), hoewel die platinum blond-effek nie regtig vir my werk nie.

Heel onlangs was sy te sien in nog ‘n fliek van questionable kwaliteit: Tekken. Ja, so awesome soos die Playstation game was, so kak is hierdie fliek. Daarom het jy waarskynlik nie eens geweet daarvan nie. Ek kon die fliek in die hande kry, en ek is honestly fokken ontsteld dat ek nooit daardie 96 minute van my lewe sal terugkry nie. In Tekken, waarin die planke meer realisties as die karakters is, vertolk Candice die rol van assassin Nina Williams. Ag fok dit, ek gaan nie eers verder daaroor skryf nie. Dit was tos.

Candice in Tekken: Fok alleen weet waarvoor al die gimp-like leather straps is.

Van sproetgesig KTV presenter tot SA top-hottie, en toe na sukkelende sanger en akteur in shitty B-grade movies. Wie weet, dalk kom sy eendag terug Suid-Afrika toe en begin sy weer hier. Ek imagine dit sal iets wees soos presenter van fokken Pasella of die smugly-sniffing-eie-poep-glansprogram Top Billing. Either way lyk Candice Hillebrand se toekoms beter hier in goeie SA as wat dit in Amerika lyk.

Nou weet ons darem wat het geword van Candice Hillebrand.

You may also like...

3 Responses

  1. HTC_com says:

    Candice Hillebrand is a great woman !

  2. Stu says:

    Well that got my attention: A “Viking version van die Beauty and the Beast-verhaal.” That sounds so bad that I might actually need to see it. How does that kak movie idea even get made?

    “So here’s my plan: Beauty and the Beast! But with swords and longboats and Hagar the Horrible and conquerors. Whaddaya think? Oscars?”

    “No Bob. No oscars. Definitely no oscars. But fokit, we’ll film it anyway. If they made Tekken we can make this!”

    Also, MySpace? Thought that died out years ago!

  1. April 29, 2015

    […] Jy weet die twee wat op ‘n Saterdag op K-TV gewys het. Toe jy nog ‘n crush gehad het op Candice Hillebrand. Ek het net een episode van elk gekyk en toe besluit ek hou meer van hoe ek dit onthou as wat dit […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *