Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bring Radiohead na Suid-Afrika

Wie wil weer die Black Eyed Peas of Roxette in Suid-Afrika sien? Miskien eerder weer Westlife of Lil’ Wayne? Wat van ons bly weg van die kak musiek vir ‘n rukkie en bring ‘n cool band soos Radiohead na Suid-Afrika? Dit kan nou gedoen word as ons hulle net kan wys hoe graag ons hulle hier wil hê, en jy kan ook wys dat jy hulle hier wil sien.

Dit is so maklik soos om die Radiohead SA Tour page te gaan like en dit te share met al jou vriende op Facebook. Dan as jy klaar is daarmee kan jy dit gaan tweet vanaf jou Twitter account. Deel dit met jou vriende en laat jou stem gehoor word. Dit is een goeie ding wat Facebook vir ons kan doen: Dit kan help om bands te laat weet hier is genoeg mense in Suid-Afrika wat hulle goeie musiek wil sien. Check die video vir “Creep” van Radiohead hier onder.

You may also like...

25 Responses

  1. AL says:

    Dude, regtig creep?
    Jy weet as radiohead hierna toe sal kom sal hulle nooit daai song speel nie…ek dink eintlik hulle het hom ophou speel in 1997 al 😛

  2. Stix says:

    Dude regtig? Ek het nie geweet jy is in beheer van hulle set list nie.

  3. AL says:

    Ja wel, as jy ‘n regte fan was sou jy hierdie comment op vinyl gelees het!
    As jy bietjie research doen sal jy sien hulle doen about net goed van TKOL af:
    http://www.setlist.fm/setlists/radiohead-bd6bd12.html
    PLUS: In 1998, halfway through their OK Computer tour, the band dropped the song creep from set lists altogether….

    PS. eks bietjie van ‘n fan.

  4. Stix says:

    As ek ‘n regte fan was? As jy ‘n regte fan was sou jy nie grens oor Creep nie, want dit is steeds ‘n cool song. Niemand like ‘n negative Nancy nie.

  5. AL says:

    ja net radiohead self haat die song:
    Ever since then, the band have been trying to break free of being bound by Creep. They hate the song, yet do feel obliged to play it “we only play this because it is still a good song”. They wrote My Iron Lung purposely about their hatred of the song, but it was not until the recent hit of Paranoid Android that the band start to see some mass recognition of other songs. However, they band will always be burdened with Creep.

  6. AL says:

    so gaan luister maar na nickelback…

  7. Stix says:

    Ou as dit jou so erg pla is ek jammer. Jy kan met alle liefde enige Radiohead song luister wat jy wil. Net oor die band nie van die song hou nie beteken nie dat ek nie daarvan hoef te hou nie. My website, so ek kan besluit watse song ek wil gebruik. As jy dit nie like nie voel vry om te fokof en Justin Bieber te gaan luister terwyl jy draadtrek. Maklik nê?

  8. AL says:

    Al wat ek eintlik sê is dat hulle al 8 albums uit het….en gevaaalik het ‘n video vir ‘n song gekies wat die band haat, wat van hulle eerste album af kom en defnitief nie gaan speel as hulle sou besluit om hierna toe te kom nie!

  9. Stix says:

    Al wat ek sê is ek gee nie om nie, ek hou van die song. Maak nie saak wie nie daarvan hou nie, ek hou daarvan. Ek verstaan nie hoekom jy dink dit is nodig om so aan te hou grens nie.

  10. AL says:

    ek”grens” want dit gaan dumb asses soos jy by die concert wees en die heeltyd vir hulle skreeu om creep te speel..waar ek al jaare wag om hulle te sien, hulle volg en support waar ek kan hetsy ek LP’s van hulle af bestel of net n fokin sticker…
    ek love die band en jy val hier in en maak of jy nou so moerse fan is, maar jy weet eintlik niks van hulle af nie..so as metallica of enimem kom sal jy net so aangaan oor hoe “cool” hulle is want jy is ‘n….poser.

  11. Stix says:

    AL jy ken my nie en jy weet niks van my nie. Dit blyk vir my of jy 12 is as ek so na jou spelling en taalgebruik kyk, ek het al Metallica geluister toe jy jouself nog nie kon keer van in jou broek kak nie.

    Jou comments sê wel dat jy nie baie happy is met jou lewe nie. Dus voel jy die behoefte om klomp negatiewe comments te los agter ‘n skuil naam. Ek is die eerste een om te leer van goeie constructive criticism maar jy is net uit om negatief te wees of daar iets in jou lewe kort is. Hou op project oor posers. Lekker dag verder, ek hoop jy sort jou kak uit.

  12. Ant says:

    Warrafaaaaaaaaaaag

  13. DieMBeen says:

    Die-hard Radiohead fan hier.

    Die probleem wat meeste mense wat Radiohead se kinders wil he het met Creep is (regardless van wat die band self se van die song) is dat dit mainstream is.

    Radiokop is uit die aard van die saak redelik…weird. Dus, sodra iemand van ‘n Radiohead song hou maak dit die hipsters ongelukkig. Ek moet bieg, ek hou van die song, maar ek klasifiseer dit nie as ‘n Radiohead song nie.

    Die feit dat Stix daardie video gekies het vir die blog, vermoed ek, spruit uit die baie simpel konsep van: ‘pleasing the masses’. Baie van ons het groot geword met die song en selfs ‘n Radiokop kenner soos ek sal altyd onthou dat dit die song is wat veroorsaak het dat ek bietjie ander goed van die band gaan soek het.

    Of Radiohead nou die song haat of nie, dis ‘n damn video en ek is seker jy het beter dinge om te doen as kerm daaroor. Dus los ek jou met hierdie raad: “GET THE FRIG TO IT!”

  14. AL says:

    en al wat ek sê is dat hulle ‘n nuwe album uit het.
    hoekom nie een van daai video’s post nie, wys die mense nuwe songs nie een van 1993 af nie, wat hulle in anyway haat…
    die heele coachella 2012 show is op youtube in HD hoekom nie daai link post en vir mense ‘n voorsmaak kan gee van wat hulle actually gaan doen as hulle sou besluit om hierna toe te kom!

  15. Crafty says:

    Bliksim maar daai Al kan moan soos Anti Stienie!
    (Dis nou as hy weet wie antie stienie is… dalk bietjie voor sy tyd.)
    Fokkit, as iemand sê noem die eerste radio head song wat in jou kop op kom, sal ek sê creep. Ek is nie ‘n “die hard” fan nie. Ek is average joe. So dit maak sin om daai song te kies. Ek het 2 RH songs in my kar. Creep en Karma Police. Hoe groot is jou probleem met Karma police? Want hy van basically in die selfde klas. Dis ook “Main stream” en algemeen, en deur radio abuse… why… want die mense fokken like dit!

    Gaan light ‘n cigi! Dis goed vir die nerves jy weet! (In case jy dit nie vang nie, dis nog ‘n Antie Stinnie Joke.)

  16. AL says:

    leer maar eers om die band se naam te spel, voor jy iemand kak hap met 1985 jokes…

  17. DieMBeen says:

    En nou is hy die Spel Polisie. Dis vir my snaaks hoe mense wat nie ‘n weerlegging vir ‘n argument het nie altyd iemand se spelling moet aanvat. Maar as jy nou graag pedanties wil wees; dis 100% reg gespel, daar is net fout met die grammatika.

  18. Div says:

    Ek stem saam met Al, en dink Stix is ‘n Twat, “CREEP” bhahahaha.. Grow some nuts mate

  19. Stix says:

    Div maak asb seker om jou hipster hoed en kruisbande by die deur te los. Bly jy besoek darem die “twat” se site. Lekker dag verder ou maat.

  20. Vier Soorte Aartappels says:

    Dis amazing hoe baie tyd mense wat jou en jou site obviously haat spandeer op jou site Stix.

  21. AL says:

    uhm Radiohead…. (die band se naam) is 1 woord.
    en ek kon hom aanvat deur te se dat sy 2 songs in sy kar (en sy favourite) van ‘n NOW 24 of Big Beats 1997 af kom…. 😛

  22. AL says:

    ag Stix (as dit jou regte naam is) gaan vang ‘n draatjie….

  23. Die M-Been says:

    Jy is 100% reg. Maar let dat jy geen letters verander het om die naam van ‘Radio Head’ na ‘Radiohead’ te verander nie. Maar goed, kom ons sê dit is ‘n spelfout.

    Kom ons kyk na jou sinsuitleg: Jy het nie een van hulle begin met ‘n hoofletter nie. Beide van die kere wat jy elips gebruik het is daar een punt te veel…die woord ‘sê’ het ‘n kappie (of ‘n hoedjie) op die e. Mens kan dit maak deur Alt-1-3-6 op jou sleutelbord in te tik.

    Laastens ‘n meer obskure een: ‘Creep’ is vrygestel as ‘n single in ’92. Toe weer op Pablo Honey in ’93. Now 24 het op die rakke verskyn in 2007 en ek vermoed sterk ‘Big Beats’ is ‘n opgemaakte album. Daar is dus geen manier dat die persoon wie jy so verkeerdelik aanvat die songs van daar af gekry het nie. Kom ons vergeet nou maar van die feit dat jy besig is om Radiohead se naam te skend deur te impliseer dat hulle musiek gevind kan word op sulke snert.

    Onthou, ‘n baie belangrike ding om te onthou as jy op die internet mense wil vasvat is: As jy hulle gaan aanvat op spel- en grammatika-foute, maak 100% seker joune is reg.

  24. Die M-Been says:

    Hahaha, ja. Stix is sy regte naam, ek is seker.

    Stix gaan vang ‘n draaitjie! Al in die rondte.

  25. Joe says:

    @AL: Gots. Ek is so fokken bly dat ek met vakansie was toe hierdie kak in die kommentaar gebeur het, want ek weet nie wat my pre-vakansie-kommentaar sou wees nie.

    En “as jy ‘n regte fan was…”? Wat is hierdie, ‘n fokken kompetisie? Kan mens jouself net ‘n fan noem as jy jou obsessies in YouTube video’s verewig? Of die lede van ‘n band se piele aan die binnekant van jou wang laat tatoeëer?

    Hoe fokken kinderagtig. Jirre tog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *