Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Black Sabbath weer saam – album en toer volg binnekort

Black Sabbath

Die metalmusiekveterane van Black Sabbath het na maande se spekulasie aangekondig dat hulle wel weer saamkom vir ‘n nuwe album en ‘n toer.

Vrydag het die rockers aangekondig dat die band se nuutste album in 2012 verskyn. Dit sal hulle eerste nuwe studioalbum in 33 jaar wees. Die uitreiking van die album sal opgevolg word met ‘n internasionale toer. Waar hulle oral gaan optree is op hierdie stadium nog onbekend.

Gerugte doen al lank die rondte dat Sabbath reeds van vroeg hierdie jaar af besig was om aan ‘n nuwe album te werk, maar tot Vrydag het geen van die bandlede dit openlik erken nie. Vrydag se aankondiging is egter baie goed ontvang. James McMahon, redakteur van die tydskrif Kerrang!, het gesê dit is nie ‘n geval van ‘n spul old timers wat net saamkom om die golf van hulle cult status te ry en geld te maak nie. Hy glo metal fans sal met hom saamstem:

Metal fans can be the most cynical people in the world, but the return of Black Sabbath – I don’t think anyone thinks that’s a bad thing. It’s different because they announced they’re making a record and that’s really exciting. It doesn’t feel weary in the way a lot of reunions of classic bands does. They are the Beatles of heavy metal. It all starts with Black Sabbath.

Ek dink nie enigiemand kan dit beter opsom nie. Hierdie jaar kan nie fokken gou genoeg verby gaan nie. Gevaaalik.com hou jou op hoogte.

You may also like...

2 Responses

  1. April 25, 2013

    […] Black Sabbath het 'n nuwe single release van hulle opkomende 13 album af. Aangaande die single se naam het Ozzy die volgende te sê gehad op Zane Lowe se show op BBC radio: […]

  2. May 15, 2013

    […] my die links gestuur na so paar video's van Black Sabbath in studio. Soos jy seker nou al weet is Black Sabbath se nuwe album, 13,  oppad en ons het al die eerste single vanaf die album […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *