Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Big House Craft Beer Fest: Wen kaartjies!

Kans is dat jy al by ‘n craft beer fest was. Daar is ook ‘n kans dat jy nog nooit by een was nie. Die Big House Craft Beer Fest is dan defnitief net die plek vir jou, of die nou jou eerste craft beer fest is of nie. Ons het kaartjies om weg te gee, maar ons kom nou by dit. Die Big House Craft Beer Fest gebeur Saterdag 19 Oktober by die Jan Smuts Museum in Irene, Pretoria.

Big House Craft Beer Fest

7 van Suid-Afrika se top micro-breweries gaan daar wees om jou dors te les en jou taste buds te laat smile. Boston Breweries, Chameleon Brewhouse, The Cockpit Brewhouse, Clarens Brewery, Copperlake Breweries, Three Skulls Brew en Dragon Brewing Co. gaan almal daar wees met hulle lekkerste biere, pilsners, lagers en nog vele meer. ‘n Kaartjie gaan jou R110 kos as jy hom deur Webtickets koop. The Grind Radio se rustiger DJ’s (Dit is nou almal behalwe ek, my musiek is so bietjie hard vir die sommersdag vibe) gaan vir ons lekker musiek speel deur die loop van die dag. Dan gaan daar ook live musiek wees in die vorm van The December Streets en Oliver Twisted.

Right, om ‘n kaartjies te wen vir jou en ‘n buddy is maklik genoeg. Al wat jy moet doen is hier onder comment en vir my sê wat sou jy jou Craft Bier genoem het. Comment wat my die hardste laat lag wen, maklik. Gebruik jou regte e-mail adres, anders gaan ek nie jou kaartjies by jou kan uitkry nie.

Belangrike Big House Craft Beer Fest goed

  • Geen onder 18’s word toegelaat op die perseel nie. Bring jou ID of jou licence as jy ons wil jou. Jou “Nesquick snor” of jou DD boobs is nie bewyse dat jy 18 of ouer is nie
  • Jy gaan tokens koop by die fest waarmee jy bier kry. Tokens is non-refundable. So as jy hulle koop, beter jy hulle gebruik.
  • Moet geen wapens bring na die fest toe nie. Die is nie ‘n “how to pretend you are a gangster” Fest nie. Mense wat guns wil afshow gaan buite bly.
  • Los jou druggas by die huis. Die drug of choice vir die dag is bier!
  • Jy kry ‘n lekker Big House Beer Fest mug as jy by die hek in kom. Kyk mooi na die ding, jy gaan heeldag uit hom drink

Ons suster site Kombi Nation gaan ‘n beer pong tafel ook daar hê. Ek gaan so paar gevaaalik.com t-shirts saam met my vat. As jy teen my kom beer pong speel en jy wen my dan sal ek vir jou ‘n gevaaalik.com t-shirt gee. Ek sal die lang maer ou wees met die swart gevaaalik.com t-shirt aan.

Right, waarvoor wag jy? Skryf in en gaan like die Big House Beer Fest Facebook page en gaan follow @BigHouseBF op Twitter. Right, wie gaan try om ‘n t-shirt by my te wen?

You may also like...

6 Responses

  1. Franco says:

    Sir Osis of the River…

    EK hoop nie ek moet verduidelik wat die pun op die naam is nie. (cirrhosis of the liver)

  2. BaasDeBeer says:

    “Baas de Beer se Onheilige Skopdonkie Maar Classy Dronkmaaksap”|
    Met die verskillende flavours:
    Pilsner – PilSNOR
    Lager – LAGeder
    Ale – Vuil Ale

  3. Maresa Kurz says:

    I’d call it Lexamantis’ Loudmouth Wench …

  4. Lina says:

    Cyanide Stout

  5. Franco says:

    Styx, wie het die kaartjies gewen?

  1. October 9, 2013

    […] die onderwerp, gaan check die Big House Craft Beer Fest uit, ons gee kaartjies weg vir […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *