Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

MK By Die Dam – Wen kaartjies

MK By Die Dam is die nuuste in ‘n hele spul festivals wat Suid-Afrika die laaste paar jaar getref het. Vanaf die 27ste tot die 29ste April gaan daar lekker geparty word by die Vaal dam. En gelukkig vir jou het gevaaalik.com klomp tickets om weg te gee.

Eers bietjie info oor MK By Die Dam:

Die lineup vir die naweek lyk so

27 April Scheduled Performance
12:00 Bouwer Bosch
13:00 Planet Joy
14:00 Moses Metro Man
15:00 Action Thrillers
16:00 Snotkop
18:00 Arno Carstens
19:00 CrashCarBurn
20:00 Dans Dans Lisa
21:00 Newtown Knife Gang
22:00 The Black Hotels
23:00 Van Coke Kartel
24:00 till 4am DJ Milkshake
28 April
12:00 Sonder Spore
13:00 Duimpie se Maat
14:00 Freddie Van’Dango
15:00 Hot Water
16:00 Klopjag
18:00 Wrestlerish
19:00 Karen Zoid
20:00 Aking
21:00 Goodluck
22:00 Jack Parow
23:00 Flash Republic
24:00 till 4am DJ Skye
29 April
12:00 Frank Freeman
13:00 Die Tuindwergies
14:00 Dance you’re on fire
15:00 Alleen na Desember
16:00 Ekhouvanjou,Okay!
17:00 Scoundrels (UK)
18:00 Winterstasie
19:00 Die Heuwels Fantasties
20:00 Ashtray Electric
21:00 Zebra & Giraffe
22:00 Shadowclub
23:00 Fokofpolisiekar
24:00 till 4am DJ Vin Deysel

Lekker. So baie bands om te sien en ‘n hele naweek van party. Kaartjies se kostes werk as volg: As jy die hele naweek wil kamp en bands kyk kos jou ticket R475 as jy bo 18 is en R400 as jy nog nie mag drink nie. ‘n Kaartjie vir ‘n spesifieke dag gaan jou R180 uit die sak jaag as jy 18 of ouer is en R150 as jy agter jou ouers se rug drink. Daar is VIP day passes ook te koop teen R750 ‘n pop, hierdie outjies is net vir die mense wat 18 of ouer is. As jy onder agtien is wil ek weet wat soek jy op die site? gevaaalik.com is vir mense bo 18, hoor!

Vir meer info oor waar om jou tickets te kry gaan gerus na MK By Die Dam se website.

Hoe jy jou kaartjie wen deur gevaaalik.com: Dit is maklik. Laat ons lag, huil, skrik, giggel, juig, dans of what ever deur die #MKByDieDamGevaar hashtag te gebruik in ‘n tweet en sit aan die einde van jou tweet @gevaaalikdotcom . Die tweets wat ons die meeste like sal kaartjies kry. Maak seker jy volg ons sodat ons jou kan ‘n direct message stuur via Twitter om te reël hoe jy jou ticket kry. Vind ons op Twitter.

Daarsy, maklik. Ons sal Woensdag 4 kaartjie wenners aankondig en dan Vrydag nog 4 wenners. Dan volgende week nog so paar. Al die kaartjies wat ons weg gee is naweek kaartjies. Waarvoor wag jy, gaan tweet jou ballas af.

Terme en Voorwaardes: gevaaalik.com hou die reg om te kies wie wen. As jy dit nie like nie maak dit nie saak nie, jy gaan nie ons mind change nie. Niemand wat vir gevaaalik.com werk (dankie dat jy vir ons werk vir fokol geld) kan inskryf vir die kompetisie nie. Ons besluit is finaal en daar sal nie na ‘n gegrens geluister of geantwoord word nie.

You may also like...

5 Responses

  1. Francois says:

    Watse tipe kaartjies is dit? Vir die hele naweek, net vir ‘n dag?

  2. Stix says:

    Dit is naweek kaartjies my bra.

  3. Francois says:

    Befok! Ek en @AnnieBenanie gaan defnintief probeer, thanks 🙂

  4. Stix says:

    Great bra, julle het tot nog tot volgende Maandag, maar hoe gouer hoe beter. Die inskrywings loop en daar is klaar ‘n paar wenners tussen in.

  1. April 18, 2012

    […] By Die Dam – Eerste Rondte Wenners Die van julle wat nie slaap nie het sekerlik ons MK By Die Dam kompetisie gesien. Daar was lekker baie entries. Baie dankie vir almal wat probeer het, herhaaldelik probeer […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *