Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dirty Rotten Tequila Fest – Wen kaartjies

Dirty Rotten Tequila Faces Festival

Hou jy van tequila? Maak dit jou regtig happy, soos daardie fucked-up irreterende song sê? Wel, dan gaan jy die Dirty Rotten Tequila Festival wat 1 Mei gebeur gate uit geniet. Dirty Rotten Tequila Fest is Suid-Afrika se premier tequila festival wat meer as 20 verskillende tequilas daar gaan hê. Ek het nie eers geweet daar is soveel tequila brands nie, en nou kan jy en jou tjommies al 20 gaan probeer en julle #TequilaFace vir almal wys. Ons het ook ‘n stel van 2 kaartjies om weg te gee.

8 Verskillende tequila brands gaan daar wees om jou tequila face uit te bring met 20 verskillende tequilas. Daar gaan ook shooter games wees, ‘n rodeo bull (altyd pret om te kyk as die dames die bul klim) en ‘n #TequilaFace photo booth.

Wat sal tequila wees sonder musiek?

Die Dirty Rock Stage gaan jou lekker live musiek gee om saam met die shots te gaan en hier is die bands wat jy gaan kan sien: Blazin Gooch, Coelacanth, Full Swing Band, Go Barefoot, New Academics, Sol Gems, The Black Cat Bones and The Ts & Cs. Dan is daar ook ‘n dansbaan vir die wat gevaaalik voel waar Plaat Japie, The Stage Pig, Michael Lesar’s 3 hour set, met Greg Georgiades op ukulele en ‘n live burlesque optrede deur Miss Oh.

Natuurlik gaan daar ook kosstalletjies wees vir die honger garde. Mexican-kos, Griekse-kos en ook Suid-Afrikaanse-kos sal alles daar wees om te tand.

Vir meer besonderhede kan jy gaan kyk na die Dirty Rotten Tequila Facebook page, of na die Facebook Event page, of volg @DRTequilaFest op Twitter.

As jy twee kaartjies na die Dirty Rotten Tequila Festival wil wen, los ‘n comment hier onder en laat weet ons hoekom smaak jy tequila. Die kompetisie is net oop vir mense bo die ouderdom van 18. Ons besluit oor wie wen is finaal en ons sal nie eers luister na ‘n gegrens nie. Gebruik jou regte e-mail adres sodat ons jou in die hande kan kry om die kaartjies vir jou te gee. Kompitisie sluit 27 April 2015. Waarvoor wag jy? Los jou comment en wen jou kaartjies, maklik.

You may also like...

3 Responses

  1. guillaume says:

    My gf like dit kwaai na u pair Dan maak ons sw aai en lekker braai

  2. 420 says:

    Hy kotz moeilik ma ds wat hom so foken leke maak

  3. jean-paul Roscher says:

    Tequila is n monster wat ek gereeld raak loop n goeie ou vriend enige tyd van die dag veral op n naweek saam n klomp pelle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *