Jason Oosthuizen vs Travis Barker
Ons het ‘n paar goeie drummers in Suid-Afrika, en so paar van hulle kan compete op ‘n internationale level. Ex-Van Coke Kartel drummer Jason Oosthuizen is een van daardie drummers wat kan by hou by menigte van die wêreld se beste drummers. Ja, ex-Van Coke Kartel drummer. As jy nog nie gehoor het nie, Jason het onlangs Van Coke Kartel verlaat om groter dinge te gaan aanpak in L.A. Iets wat ek ook nou vir die laaste paar maande oorweeg. Jason fok nie rond as dit kom by dromme nie en volgens my is hy die beste drummer wat Suid-Afrika tans het.
Jy kan sê wat jy wil van Blink 182, maar Travis Barker is defnitief een van die beste drummers in die wereld. Travis speel nie net dromme vir Blink 182 nie, hy was al in baie ander bands en deel van baie ander projekte waar hy dromme speel. Hy ken ‘n dromstel soos die palm van sy hand en sy marching band snare drum styl is iets wat vir my nogaltyd baie cool was.
So wie is beter? Jason of Travis? Kyk die video’s hier onder en laat weet my wat julle dink in die comments. Let it be known dat ek daardie “Soldier Boy” song haat soos pes, maar ek like die video waar Travis saam speel. Hier gat ons vir Jason Oosthuizen vs Travis Barker.
Jason is awesome, en Travis is in my boeke die beste drommer in die wereld. Maar gaan check bietjie vir Dylan Taylor. http://www.youtube.com/watch?v=G4JNBwmvTio
@AndreTheGreat: Volgens my is die beste drummer Danny Carey van Tool. Ek haat dit om my eie links te share, maar ek weet van Dylan Taylor http://x5s.c11.mytemp.website/daylan-taylor-die-drum-machine
hahahaha, kom nou eers agter ek het van hom gehoor op gevaaalik.com. Ek het daar gecomment.
As julle nou n poes goeie drummer wil sien gaan kyk na die bra.
Shannon Lucas van The black Dahlia Murder.
Hier is n youtube vir julle.
http://www.youtube.com/watch?v=MgTG6A4ga2Y
Maar terug by die vraag van wie is beter. Dit sal moet wees Travis maar Jason is ook n fokken goeie drummer.