Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Backroads Less Travelled Part 3

Dag drie van ons Backroads Less Travelled trippy het ons uit Sodwana geskuif. Ons het vir die laaste keer die Stoute Boudjies gesien op die muur by die cafe in Sodwana voor dat ons die sowat 80km aangepak het na Kosibaai.

Backroads Less Traveled

Stoute Boudjies oppad uit by Sodwana

Kosibaai is verseker een van die mees afgeleë plekke wat ek en Sven al ooit was. Verseker ook een van die mooiste. Niks is so asemrowend soon die natuur nie. Al is daardie mooi die natuurlike mooi van ‘n gevaaalike dame, is daar net ‘n baie ander gevoel wat jy kry van die mooi van die natuur.

Backroads Less Traveled

Waar jy jou boot kan launch na die lakes toe

Backroads Less Traveled

Sonder ‘n 4×4 gaan jy nie na Kosibaai mond of die lakes kan gaan nie

Ons het Utshwayelo Lodge gekies as die plek vir ons om te bly, aangesien dit die naaste is aan Kosi-mond waar die lakes mond in die see in. By die lodge werk alles op solar power, so geen aircon in ons kamer hier nie. Maar die verblyf is awesome gewees en ook heel bekostigbaar.

Ons stop om na die uitsig oor die lake te kyk

Ons neem die uitsig in oor een van die lakes

Backroads Less Traveled

Ons podcast sudio met ons kamer by Utshwayelo Lodge Kosi Bay

Ons kamer het ‘n onsuite badkamer gehad met ‘n ooplug stort. As jy ‘n kombuis benodig is daar ‘n gesamentlike kombuis wat enige persoon wat by die lodge bly kan gebruik. Net buite ons kamer was ‘n lekker tafel en braai, weg van almal anders af. Ons timing was goed met die trippy en daar was basies niemand anders in die lodge nie, behalwe so 4 buitelanders.

Ons het ons goed in ons kamer afgelaai en af geskiet na die mond toe. Ons was stom geslaan toe ons die mond die eerste keer sien en het dadelik die lekker warm en vlak waters in gevaar. Nie lank na dit nie het ons besef die getui was besig om in te kom en dat ons eerder ons pad terug moet maak na die land toe. Jy sal maklik genoeg kon dryf op die sterk stroom wat oppad was na die binneland toe, maar as jy dryf tot in die lakes gaan jy moet begin stoei met seekoeie en krokedille. Nee dankie.

Backroads Less Travelled

Nog Kosibaai-mond

Kosibaai mond

Kosibaai-mond

Hier is ons dag 3 podcast van Backroads Less Travelled uit Kosibaai. Ons podcast studio vir die een was by ver die coolste en jy kan ‘n foto van ons sien wat die podcast record net hier onder. Lekker gemaklik by die tafel langs ons braai, net buite ons kamer. Fokken hemel op aarde.

Utshwayelo Lodge, Kosibaai Podcast studio

Utshwayelo Lodge, Kosibaai Podcast studio

Dankie aan Geko Divers wat ons gehelp het om die trip te reël. As jy wil leer duik of ‘n duik trip wil beplan is Geko Divers die mense om mee te praat.

You may also like...

4 Responses

  1. Steph says:

    (Verskoon my Afrikaans asb omdat dit nie my moedertaal is nie.)

    Eerstens, ek wil net vir julle sê ek’s mal oor julle ouens! Ek’s ‘n Amerikaner wat Afrikaans wil leer en ek’t al amper ‘n jaar jul site gekuier om my Afrikaans te oefen en my dag op te kikker. Ek vind dit altyd vermaaklik en ek rerig waardeer die tyd en moeite wat julle in hierdie site sit. Maar, tweedens, ek wil net vra…is die podcast verby? Ek besef julle is baie besig, en ek kan verstaan as julle nie meer die tyd vir dit hê nie. Ek’s net nuuskierig of die volgende episode afkomstig is of as dit nou gestaak is..? (Jammer, dalk het julle reeds in die podcast verduidelik, maar ek kan nie altyd heeltemal verstaan as julle vinniger praat nie, haha.)

    Weereens dankie vir wat julle doen. Mik noord en fok voort! 😉

    Lekker dag!
    -Steph

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Steph: Hey Steph, dankie vir die reply. Ons werk aan ‘n plan om die podcast terug te bring. Hou die site dop oor die naweek of die week wat volg. Baie dankie vir jou awesome comment! Dit is baie nice om sulke feedback te kry.

  3. Steph says:

    Awesome, Ruan, dankie. Baie bly om dit te hoor en ek sien daarna uit!

  1. July 9, 2015

    […] jy Backroads Less Travellled Part 3 gesien? Ons was in Kosibaai en dit is verseker een van die coolste plekke waar ons al was. Terwyl […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *