Wat sal jy maak met R11 000 ekstra ‘n jaar?

Teen die tyd weet jy dit al: King Price het onlangs gehelp om ons gevaaaliKruger trip te laat gebeur, hulle sponsor gevaaalik.com. Ek kan nie iets verkoop wat ek nie self gebruik nie, so na amper 5 jaar by dieselfde versekerings maatskappy het ek besluit om my eie advies te volg en ‘n quote by King Price te kry.

Wat sal jy maak met R11 000 ekstra 'n jaar

Met R11 000 ‘n jaar, kan ek elke jaar ‘n Kruger-vakansie gaan hou

Ek het my naam en nommer op hulle gratis kwotasie page gaan los en toe bel Joel my die volgende dag. 10 minute later toe sit ek die foon neer en my bek het oopgehang: Met my versekring nou by King Price gaan ek myself R11 902.44 spaar elke jaar. Of R991.87 ‘n maand. Met daardie R11 000 wat ek nou ‘n jaar spaar, kan ek letterlik elke jaar vir ‘n week weer gaan gevaaaliKruger!

King Price assist cover ook nou my en my vrou se gatte met ons karre. As die ding breek of ons is in ‘n ongeluk sal King Price assist you karretjie vir jou kop haal. Dit sou handig gewees het na ons die luiperd gesien het in Kruger. Later daardie dag het ons kar gaan staan in die Kruger Park. Daar was niks selfoon-opvangs nie, en dus moet ons maar vreemde mense wat verby ons gery het gevra het om vir ons hulp te stuur as hulle weer selfoon-opvangs het.

Na so paar ure van sit en ballas bak (regtig, dit was moer warm en ons was in die middag son) het Sven saam met ‘n vriendelike Amerikaner en sy gesin gery terug na Afsaal die picnic plek. Daar kon ons toe nou ‘n tow service/mechanic bel. Die bra laat ons toe nou goed verstaan dat ons gaan moet betaal vir sy tyd, maar watse ander keuse het ons gehad? Waar was King Price Assist toe ek dit nodig gehad het.

Die tow-chanic ou kom tel ons toe by Afsaal op en vat ons uit na waar ons kar staan. Hy loer onder die bonnet terwyl ek en Sven uitkyk speel om dop te hou vir enige diere wat ons dalk sal probeer vermoor. Ons kry dit ook reg om so paar selfies in te werk, nie elke dag wat jy buite jou kar staan in die Krugerwildtuin nie. Dit was nie lank nie, toe wys die tow-chanic vir ons wat die probleem is. Die battery se bracket het gebreek en het ‘n short gemaak teen die battery se pole, dan sny die kar uit.

Ons het skaars kans gehad om die selfie te neem waarin jy ons bly gesigte sien, oor ons weet ons wiele gaan weer ry, toe klap die tow-driver/mechanic ons met ‘n invoice van R1244.88. Om te sê ek was die moer in, is ‘n understatement gewees. Ongelukkig was ons daar met my pa se Pajero en my pa is nie verseker by King Price nie, dus geen King Price Assist, anders het King Price my nog R1244.88 gespaar.

Ek het nou my vrou en my eie kar se versekering nou geskuif na King Price toe en my huisinhoud versekering. My kar kos my nou R718.88 minder ‘n maand en my vrou se kar R265.06 minder. Die huis inhoud is net met so R8 goedkoper, maar elke sent tel.

Gaan los jou naam en nommer op hierdie page en laat King Price jou bel en vir jou ‘n kwotasie doen op jou huidige versekering. Dit is die slim ding om te doen. Jy mag jouself dalk net ook genoeg geld spaar vir ‘n ekstra jaarlikse vakansie. Dan stel ek voor jy gaan Kruger toe, want kyk net wat ons gesien het op ons trippie en as dit nie vir King Price was nie, so ek ook nooit die luiperd gesien het wat die rooibok vang en die leeus wat die rooibok dan steel nie.

gevaaaliKruger (9)

King Price gevaaalik.com

Vir meer gevaaaliKruger:

You may also like...

3 Responses

  1. Baas de Beer says:

    Ek wil nie my nommer hier los nie, maar ek wil hê hul moet my bel…

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Baas de Beer: Nou lees net gou weer, dan click jy die link ( http://gevaaalik.com/king ) in die text van die post en dan sal jy land op ‘n King Price page waar jy asseblief jou naam en nommer kan los. Done son!

  1. November 28, 2016

    […] Wat sal jy maak met R11 000 ‘n jaar ekstra? Ek stel voor jy gaan hou ‘n eksta vakansie! […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *