Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Back a Buddy – Hoe was jou Kyle-cast?

Die epsiode van die Hoe was jou naweek? podcast het ek bietjie weg gebreek van die solo ding af, met my vriend Kyle. Ek en hy praat oor kreatiwiteit. Kyle is ‘n dude wat like van musiek maak, maar steeds ‘n werk het. Hy like ook van kreatief wees en tyd spandeer saam met ander mense wat kreatief probeer wees. Toe ek die eerste keer “Tokin’ White Guy Hemde” laat maak het, was Kyle die een wat die hemde by my huis kom aflaai het. Sederdien is ek en hy vriende. Ons het selfs al ‘n stage gedeel.

Die lockdown het vir Kyle bietjie hard in die knaters geskop, soos baie ander mense. Toe ek vir myself probeer werk het, het Kyle my uitgehelp deur vir my net R800 te gee en te sê “Ek wil hê jy moet aanhou met gevaaalik. Ek hoop dit help.” Ek was stomgeslaan en op daardie stadium van die race het dit fokken baie beteken vir my. Nou wil ek ook vir Kyle bietjie help, want sy bank wou fokol doen anders as sy kredietkaart limiet hoër maak nie.

Hierdie is nie omdat Kyle nie kon musiek speel deur die lockdown nie. Hy kon nie werk nie. So die prentjies/stukkies kuns van my waaroor ek en Kyle praat in die podcast, het ek in magnete in laat maak. Die magnete is 8.5cm X 10.5cm en ek het net 10 van elk laat maak. Ek verkoop hulle tans vir R45 elk, en al die profeit gaan na Kyle toe om hom te help uit die skuld kom. Free shipping as jy happy is om so week of wat te wag en jou magneet kom net deur die posdiens. DSV courier delivery binne 3 dae is R75. Ek is nie fokken Banksy of iets nie, maar as jy wil hê ek moet joune teken of nommer of iets, sal ek dit doen.

Charity starts at home. As jy kan help sal dit befok wees. As jy nie kan bekostig om te help nie, kyk asb. eers na jouself.

Indien jy ‘n magneet wil hê, laat hoor van jou. Drop ‘n comment met jou regte email adres hier onder ek ek sal jou kontak.

Waar kan jy “Hoe was jou naweek?” luister?

Jy kan ook net op watter podcast app jy ookal gebruik gaan soek vir “Hoe was jou naweek?” en dan sal jy die podcast kry. Bonus punte vir die van julle wat die podcast gaan rate en review op iTunes en Apple Podcast.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *