Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

4 Pare Converse All Stars wat jy wil hê

Ek is ‘n groot Converse All Star fan. Ek het tans sewe pare. Een paar lyk nie meer so great nie, maar die paar het maar my music festival All Stars geword. Daar het onlangs ‘n Converse Pop Up store oopgemaak in Melrose Arch. Daar het ek die eerste keer die paar Black Sabbath All Stars gesien. Ek is gewoond aan so in die omgewing van R450 – R550 vir ‘n paar All Stars betaal. Die Black Sabbath is toe so bietjie bo my prys klas teen R1099.95.

Ek het toe besluit om die internet aan te pak en te kyk of ek nie die paar skoene vir goedkoper kan opspoor nie. Ek hoef nie verder te gesoek het as Converse se eie website nie. Die Black Sabbath Converse All Stars is toe op special vir net $39.99, of min of meer R450. Net jammer jy gaan invoerbelasting moet betaal. Ek kan nie verstaan hoe die normale All Stars se pryse min of meer dieselfde is as wat dit kos in die VSA nie, maar vir die awesome outjies moet jy meer as R1000 hoes om hulle te kry.

Hier is vier pare Converse All Stars wat ek nie in Suid-Afrika sal kan bekostig nie.

Converse X Black Sabbath

Black Sabbath Converse All Stars

Ek is nie regtig ‘n baie groot fan van wit skoene nie, maar die paar Black Sabbath All Stars sal ek met liefde dra. As die wit nie vir jou werk nie is daar twee ander Black Sabbath designs om van te kies. Jy kan na die ander loer hier.

Chuck Taylor DC Comics Batman

DC Comic Batman Converse All Stars

Definitief een van die coolste superheroes wat daar al was. Batman is ‘n icon en hierdie DC Comics All Stars sal jou die koning van die comic book winkel maak.

Chuck Taylor DC Comics Joker

DC Comics The Joker Converse All Stars

Wat sal die een nou wees sonder die ander. There is no good without eveil. Daar is geen Batman sonder Joker nie. Dieselfde sal toegepas word op die skoene, want as ek die Batman paar het gaan ek verseker die Joker paar ook wil hê.

The Simpsons Chuck Taylor All Star

The Simpsons Converse All Stars

Want die is Converse All Stars met Bart Simpson op. Hoekom sal jy hulle nie wil hê nie? As ons nou net dieselfde kan betaal as wat mense in Amerika betaal vir hulle All Stars, dan sou ek elke een van die pare besit het.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *