BattleBlock Theater – Release date trailer
As jy into games is en jy het ‘n Xbox dan mag jy dalk weet van die klein boksie goud waar daar elke nou en dan ‘n game verskyn wat awesome is en nie so massive marketing budget het soos meeste games deesdae nie. Die klein goue boksie plesier is Xbox Live Arcade en op die 3de April 2013 word een van die games waaroor ek al vir lank opgewonde is release op XBLA, finally.
In 2009 het The Behemoth ons getart met ‘n trailer van gameplay footage vir BattleBlock Theater. Dit was amper 4 jaar terug. Nou kom BattleBlock Theater. Die awesome trailer hier onder verduidelik alles baie beter as wat ek kan. As jy een video vandag kyk, kyk die een.
Die M-Been keur hierdie boodskap goed. Maar die M-Been wil julle ook net inlig dat dit Woensdag is en hierdie blokkie mannetjies NIE stoute boudjies het nie.
O, en die M-Been praat in derde persoon. Verskoon hom maar.
@Die M-Been: Die Stoute Boudjies is oppad. Stay tuned.