Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ham-en-Kaas-toebroodjie vs Bouwer Bosch en Afrikaners in histerie

Die souties noem dit “a storm in a tea cup” of “making a mountain out of a molehill”. Noem dit wat jy wil, van waar ek sit is dit duidelik onnosele histerie. Nou wil jy seker weet, waarvan praat ek? Wel, dit het alles begin met  radio-DJ op ‘n kak radiostasie, wat iets sê. In die regterhoek: Die lefties, ANC en iemand met die naam Tumi. In die regterhoek: Die right-wing, Afriforum en die slagoffer-Afrikaners.

Dit is reg, die DJ het nie gesteel nie, nie gemoor nie, niks fisies gedoen anders as geluide maak met haar mond nie.

Victims, victims everywhere

Die enigste ding wat useless social justice warriors al reggekry het oor die laaste 10+ jaar is ander oortuig dat dit aanvaarbaar is om uit te maak of jy ‘n slagogger is wanneer jy nie eintlik is nie, om te probeer wys jy is reg. Tumi Morake het die victim mentality aangeneem toe sy goed sê op Jakaranda FM en toe neem Afrikaners (‘n klein groepie dommies) ook die victim mentality aan om Tumi se victim mentality teen te staan.

Meanwhile is Tumi ver van ‘n victim: Sy is ‘n radio-DJ op een van SA se grootste radio stasies en glo doen sy stand-up comedy ook. Ek is 100% daarvan oortuig dat sy beter af is as ek, en 90% van die ander mense in Suid-Afrika, as nie die wêreld nie. Selfde met die grensgat Afrikaners wat nou maak of hul victims is met hul Facebook status updates. As jy nog op Facebook kan grens, dan is jou lewe nie so erg nie.

Natuurlik was Afriforum en Solidarivertraagdheid (weereens ver van slagoffers met hulle sakke vol lededgelde) heel voor in die koor om te teem oor Tumi wat iets gesê het, sterk gevolg deur Pretoria FM. Dit is nou span-konserwatief-Afrikaans, die span wat glo dat Afrikaners een of ander wolkwese se uitverkore volk is (snaaks dat daardie wolkwese se best seller boek meestal verwys na Jode as sy uitverkore volk). Ook baie snaaks dat die “trots Afrikaans” Afrikaners se ruggrate reguit by hul holle uitgeval het, sodat hulle kan wys hulle is groter victims as Tumi.

Woorde maak seer, as jy nie ‘n ruggraat het nie

“Het jy gehoor wat sy gesê het?”

Laat ek jou net daar stop.

Sy het iets gesê.

Sy het nie aan jou geraak nie. Sy het nie jou kos gesteel nie. Sy het nie op jou bed gepis nie. Sy het nie jou werk gevat nie. Sy het jou niks gemaak nie. Sy het letterik iets gesê. Geluide met haar mond gemaak. Iets wat meeste van ons daagliks doen en as alles wat almal sê skielik gesien word as ‘n attack, dan gaan niemand van ons meer vriende hê teen die einde van die week.

Dubbel standaarde in Suid-Afrika

“Maar as ‘n witmens so iets gesê het…”

Weereens gaan ek jou gou stop. Die lewe is nie regverdig nie. As die lewe regverdig was, sou ‘n kind nooit kanker gekry het nie. Die onskuldige mense wat dood is in oorloë sou nooit gebeur het nie. ‘n Kind sal nie in Liberië gebore wees aan ouers wat geen toekoms het nie. As die lewe regverdig was, sou Amerika nooit slawe gehad het nie, en apartheid sou nooit in Suid-Afrika gebeur het nie.

Maar die lewe is nie regverdig nie.

Dus gebeur terrible goed met mense wat dit nie verdien nie, elke dag, regoor die wêreld. As jy op Facebook kan grens oor jy nie meer ‘n radiostasie gaan hê om na te luister in jou kar oppad werk toe nie, dan is jou lewe al baie meer regverdig as wat dit vir talle ander is.

Ham en Kaas-toebroodjie gee gratis bemarking vir Bouwer Bosch

Soos wat ‘n stoute kind tok-tokkie speel, kry jy ook daardie tipe mense op die internet. Al verskil tussen die kind wat ‘n klokkie lui en weg hol, en die tipe ou wat agter ‘n skuilnaam wegkruip op die internet, is dat die lafaard op die internet weet hy is verkeerd en ‘n poes. Daarom die gebruik van ‘n skuilnaampie.

“Bouwer Bosch is die fidget spinner van Afrikaanse musiek ; useless en irriterend.”

So sê Ham en Kaas-toebroodjie* op sy Facebook page. Alhoewel daardie snaaks is, kan dit letterlik van 99% van Afrikaanse kunstenaars gesê word. Saam met die woordjies was daar ‘n foto van Bouwer Bosch met die woorde “Bouwer Bosch se ma se poes”

Die ironie is dat Ham en Kaas-toebroodjie probeer het om Bouer af te breek, en toe presies die teenoorgestelde doen. Bouwer Bosch het onlangs ‘n podcast begin, en hy het gemiddeld van so 250 luisteraars per episode gehad. Dit nou tot Ham en Kaas se Bouwer Bosch bemarkings veldtog laasweek Vrydag, en nou het Bouwer se podcasts episodes skielik almal 400+ luisteraars gehad.

Dit nou alles oor Ham en Kaas-toebroodjie ‘n victim mentality van sy eie het, en kwaad is vir Bouwer oor hy glo in ‘n video gesê het hy is jammer dat apartheid ooit gebeur het. Nie dat enige van ons kan verander wat in die verdele gebeur het nie, maar ons kan darem leer uit ons foute en erken wanneer ons verkeerd was, of hoe? Of jy kan aanhou maak asof jy ‘n slagoffer is wanneer jy nie eintlik ‘n slagoffer is nie, soos ‘n ruggraatlose nikswerd.

Meanwhile is Bouwer Bosch super nice. Miskien nie almal se smaak nie, maar verseker ver van ‘n asshole met enige iemand.

Boikot, laat jou geld die praat werk doen

As die slagoffer-Afrikaners moes vertel van hul grootste prestasie oor die laaste 23 jaar sal hulle jou sonder twyfel vertel van hoe trots hulle is op die feit dat hulle Spur boikot sedert April 2017. Nie omdat hulle uiteindelik besef het dat Spur se kos lekker tos en overpriced is nie, maar omdat Spur rassisties is. Sien, weereens is die slagoffer-Afrikaner die victim. Jy eet nie meer kak steak en bullshit ribbietjies nie, moerse prestasie!

Al die dommie slagoffer-Afrikaners het toe besluit om eerder hul geld te spandeer by plekke soos Rocomamas, Pannarotts en John Dory’s, eerder as Spur. Almal instantsies wat deur die Spur Groep besit word. Nie net is slagoffer-Afrikaners ruggraatloos nie, hulle is ook bietjie stadig.

Nou wil daardie selfde slagoffer-Afrikaner mentalitiet gebruik word deur Jakaranda FM te boikot.

Boikot Jakaranda FM

As iemand wat in bemarking en advertensie werk, kan ek gou vir jou verduidelik hoekom Jakaranda FM lag vir die roepe vir ‘n boikot:

Niemand weet regtig hoeveel mense luister eintlik na enige radio stasie nie.

Dis reg, dit is alles snert guesstimates wat gebruik word om te bepaal hoeveel mense luister na ‘n radio stasie. Die guesstimate nommer word gebruik om adverteerders te werf vir ‘n radiostasie soos Jakaranda. Jakaranda FM sal steeds adverteerders kry, want niemand weet regtig hoeveel mense na Jakaranda luister nie. En as jy nie regtig weet wat die nommers is nie, dan is dit makliker om net aan te hou nommers opmaak.

As jy werklik die land wil verander, klim af van Facebook af. Jou grensende status updates verander niks, al laat dit jou voel jy doen iets, doen jy in realiteit niks. As jy net 50% van die effort insit in regte verandering aanbring in Suid-Afrika, eerder as die energie wat jy mors om te grens op die internet en Spur/Jakaranda FM te vermy, dan sou die wêreld ‘n beter plek gewees het.

Jou boikot maak jou dieselfde as die ANC

Eerder as wat jy maak asof jy ‘n slagoffer is, bloot omdat ander dit doen, wees dankbaar vir wat jy het. Doen iets om upliftment-, integrasie-, nation building-, recycling-, education- ens. beter te maak in ons land, eerder as wat jy maak dat jou gevoelens meer belangrik is as ander sin. Al wat jy nou doen met jou status updates en jou boikots is ons land nog meer verdeel en ‘n stappie nader sit aan sink. Jy is dus net so kak soos die ANC. Jy is wat jy haat omdat jy te lui is om te doen wat regtig ons land sal kan verbeter.

En besides, by all means hou op Jakaranda FM luister, maar doen dit vir die regte rede: Want Jakaranda FM is ‘n kak radiostasie.

You may also like...

1 Response

  1. Gerhard says:

    Dis reg, gee hulle gas. Maar Tumi het nie gemaak of sy ‘n victim is nie – sy praat van swart mense in die algemeen.
    Sy ly nie aan victim mentaliteit soos die ras-boelies by Afriforum nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *