Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat verander alles in Apex Legends Season 2

Apex Legends Season 2 begin more, 2 Julie 2019. Daar is al baie bekend gemaak deur Respawn self, maar ons kan ook so paar veilige aannames maak as ons kyk na die videos wat al uitgekom rondom Season 2. Ek het net die storie-tipe video hier onder. Kom ons kyk na wat wag vir ons in season 2.

King’s Canyon se landsakp gaan verander

King’s Canyon is natuurlik die map waarop Apex Legends gespeel word. Die mees opvallende verandering is die feit dat die Repulsor Tower omgeval het na ‘n EMP blast. Mense vermoed dit is die Repulsor Tower wat die Flyers en die Leviathans weg gehou het van King’s Canyon as eiland. Sonder die Repulsor Tower wil dit voorkom of daar Flyers en Levithans op die map gaan wees. Ons weet nog net nie watse impak gaan die wesens op die spel van Apex Legends gaan hê.

Ek is bly die map verander so bietjie. Eerder as wat daar nuwe maps uitgebring word wat die playerbase gaan opdeel in kleiner groepe. Nou verander die map, maar vir almal en die playerbase speel almal op dieselfde map. Dus is dinge nuut, maar to dieselfde.

Nuwe Legend, of Legends

Watson kom. Watson is die nuwe Apex Legends Legend. Sy is ‘n defensive legend en gaan elektrieseheinings kan opstel wat Legends van ander spanne sal skade aan doen en ook stadiger laat beweeg vir so rukkie. Sy het ook ‘n klein drone ding wat ‘n forcefield maak wat alle inkomende granate en artillerie sal vernietig terwyl dit jou span se shields stadig recharge.

Daar is ook ‘n wilde rumor dat Crypto gaan deel wees van Season 2 se Legends. Die ou met die laptop wat die Repulsor Tower opblaas in die video hier bo, daar is baie sprake dat dit Crypto is. Alhoewel Respawn nog niks oor Crypto bevestig het nie is dit heeltemal moontlik dat hulle dit vir almal los as ‘n verrassing. Ons sal more sien.

Nuwe weapon hop-ups

Die Mozambique pistool in Apex Legends is so useless dat die developers self spot daarmee tans in die game. Wanner jy jou Mozambique verruil vir ‘n ander geweer dan smyt die karakteranimasie die pistool op die grond soos die stuk gemors wat dit is. Respawn het glo bekend gemaak dat daar nuwe hop-ups vir party wapens gaan wees, wat die wapens meer speelbaar sal maak.

Disruptor Rounds

Disruptor Rounds doen meer skade aan shields. Dit beteken jy sal vinniger deur body shields kan skiet en ook seker shields soos Gibraltar se gun shield. Hierdie hop-up gaan werk op die Alternator en die RE-45.

Hammerpoint Rounds

Hammerpoint Rounds pas op die P20-20 en die Mozambique en verhoog skade wat hul pertrone kan doen aan vyande wat nie shields aan het nie. Veral handig in die vroër dele van die game wanner die gewere ooral is en niemand body shields het nie.

Nuwe wapen: L-Star

Die L-star is ‘n SMG wat slegs gekry sal kan word van supply drops af. Die geweer gebruik sy eie tipe ammo soos die Kraber en die Mastif. Al weet ons nog nie veel van die L-star nie weet ons wel dat dit een van daardie OP wapens gaan wees soos die Kraber en die Mastif.

Skydiving Emotes en nuwe Skins

Ek is nog nooit die tipe gamer gewees wat opgewonde raak oor cosmetics soos skins en emotes nie. Ek moet wel erken dat ek dit geniet het om al die skins van Season 1 te probeer unlock, al was die skins glad nieso wonderlik nie. Ek het wel ‘n Legendary R-99 skin waarvan ek baie hou juis omdat die R-99 my gunsteling geweer is.

Skydiving Emotes is Apex Legends se twist op die animasies wat karakters kan kry in game. In Fortnite (wat vir kinders is) is meeste emotes danse wat bekend is op platforms vir kinders soos Tik Tok.

Ranking System

Brons, Silver, Gold, Platinum, Diamond en Apex Predator is hoe die ranks gaan lyk in Apex Legends vanaf Season 2. Ons weet nog nie presies hoe jy gaan moet maak om op of af te skuif in rank nie maar dit sal beteken dat jy meer gebalanseerde games kry teen ander spelers wat min of meer op dieselfde vlak is as jy.

Kom ons hoop net dat die rankings skill based is, en nie oor hoe lank jy kan camp in dieselfde huis net sodat jy dit maak tot in die top 5 spanne nie.

Sien julle more in King’s Canyon vir Season 2

Ek sal moreaand agter my Xbox wees met my controller in my hand besig om Season 2 af te skop saam met seker ten minste 30 miljoen ander spelers. Gaan jy Apex Legends Season 2 speel? Waarna sien jy die meeste uit van season 2? Laat weet my in die comments of op Twitter by @gevaaalikdotcom.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *