Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vikings Season 3 Trailer

Waar is die dae toe mushrooms gebruik deel was van jou ontwikkeling as mens? Die dae toe mans nie hulle hare gekleur het nie, nie gestraighten het nie, nie geblaas het met ‘n haardroër nie en nie eers hulle hare gekam het nie. Toe mans nog mans was. Daardie dae is eeue gelede al verby, maar kyk Vikings en jy sal darem so klein smakie kan kry van hoe dinge daardie tyd gewerk het.

Vikings Season 3

Ja, alles was nie maanskyn en rose nie. ‘n Eenvoudige verkoue kon natuurlik maklik jou hele dorpie uitroei, nie eers praat van goed soos Cholera of Masels nie. ‘n Snytjie op jou voet kon maklik septies raak en as jy gelukkig was het jy net jou voet verloor, nie jou lewe nie. Of, wat van goed soos die Blood Eagle? Ja, 2015 klink skielik nie meer so erg nie.

Vikings se derde seisoen begin 3 Februarie en jy kan nou die trailer hier onder sien. Vikings en Game of Thrones is tans twee van my gunsteling TV reekse. As jy nog nie Vikings gekyk het nie, kyk maar die eerste twee seisoene en dan sal jy lekker saam met ons kan praat oor seisoen drie.

You may also like...

3 Responses

  1. Eenhond says:

    Sorry, dis nou van die punt af, maar waar het Scuba Steve heen verdwyn? Ek het sy posts geniet.

    Nog nooit Vikings gekyk nie maar sal plan maak.

    Game of Thrones is fokken briljant, beste show van fokken alle tye

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Eenhond: No worries man. Scuba Steve het bietjie underestimate hoe baie werk dit is om posts te doen. Net soos ek, het hy ook ‘n office job wat hom weg hou van gevaaalik.com posts. Ek het nou al myself in die groove gekry om na en voor werk (en ook oor naweke, dit is pretty much a 24/7 ding) te werk aan gevaaalik.com posts. Veral die brood en botter posts soos Random Gevaaalikhede, Stoute Boudjies en Vrydag Bederf. Ek sal graag meer opion stukke wil doen en ander tipe posts, maar dit is moeilik aangesien ons nie elke dag 8 ure kan werk aan gevaaalik.com werk nie. Hou aan vra vir nog posts deur Scuba Steve en ek is seker hy sal eventually in die groove kom. Dit is hoekom ek my bes robeer om gevaaalik.com so gou moontlik my full time job te maak.

    As jy so baie van GoT hou gaan jy verseker van Vikings ook hou, geniet dit. Dit is regtig ‘n great reeks.

    Nou is dit my beurt om van die punt af te gaan: Gaan loer asb na ons subReddit (/r/gevaaalikdotcom) op Reddit. Ons gaan binnekort die comments op gevaaalik.com sluit (ons kry net te veel spam comments) en dan gaan comments gebeur op /r/gevaaalikdotcom. So gaan create solank vir jou ‘n account op Reddit. Al wat jy kort is jou username (Eenhond sal perfek werk) en ‘n password. geen e-mail adres eers nodig nie.

  1. November 7, 2015

    […] speel af wanneer Humans en Orcs die eerste keer met mekaar te doen kry. Travis Fimmel, Ragnar in Vikings, speel ook in Warcraft. Die fliek lyk asof dit baie CGI heavy gaan wees. Ek is gewoonlik bietjie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *