gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

16Apr/139

Monster Energy: Dream Yard ft. Pat Casey

Posted by Ruan Stix Fourie

Nou dat ons verby gister se "Ingils" beweeg het kan ek weer voel soos myself, gemaklik in my eie vel. Hierdie video hier onder is weer een van Monster Energy se idees gewees en dit is een van daardie video's wat jou gaan laat voel asof jy van die bank af moet opstaan. Dit gaan jou ook laat dink dat jy moet ryker vriende kry wat sulke cool goed in hulle agtertuin het.

Monster Energy Dream Yard ft. Pat Casey

Gelukkig is die video net 03:29 minute lank en dit sal sorg dat die gevoel van "Ek moet uit die huis uit kom" sal pass net voor jy kan opstaan. Goeie tydings. Ok, grappies op 'n stokkie. Die is Pat Casey en hy weet hoe om 'n BMX te ry. Al is ek nie 'n groot BMX fan nie kan ek steeds waardeer hoe goed van die ouens is. Lekker kyk.

14Mar/130

Wen ‘n Monster Energy Hamper

Posted by Ruan Stix Fourie

Monster Energy was gaaf genoeg om vir ons 'n hamper te gee om te help met die celebration van RAMfest. Toe besluit ons om dit eerder weg te gee in 'n klein kompetisie hier op gevaaalik.com. Soos altyd gaan jy ongelukkig moet inskryf om die hamper te wen. Ja, soos met alles in die lewe kan jy nie net op jou bank lê en hoop dat goed in jou skoot gaan val nie.

MonsterEnery Wallpaper

Wat wen jy? Die hamper het 'n kas Monster, 'n Monster T-shirt, Monster pet, Monster lanyard, Monster sweatband en Monster stickers. Nie te bad vir 'n dag se rondfok op die internet (terwyl jy eintlik moet werk) nie.

Hier is hoe jy jou gat van die bank af kry. Gaan RAMfest toe, of vra 'n pel wat RAMfest toe gaan omvir jou baie foto's te stuur. Foto's moet van die stage wees, vanaf die crowd se perspektief geneem. Soos die foto hier onder. Dan tweet jy die foto en tag vir @MonsterEnergySA en@gevaaalikdotcom in die tweet. Dan sal ons en die ouens van Monster bymekaar kom en besluit wie se foto is die gevaaalikste.

Ons sluit die kompetisie Vrydag 22 Maart 2013. Maak seker jy hou jou Twitter account dop, want as jy wen sal ons jou kontak deur Twitter. Soos altyd is ons besluit finaal en geen gegrens sal eers 'n reaksie kry nie. Jy kan inskryf soveel as wat jy wil. Lekker foto's neem.

18Feb/130

We’ve Landed: Daredevil Chicherit’s Full MINI Backflip

Posted by Ruan Stix Fourie

Weve-Landed-Daredevil-Chicherits-Full-MINI-Backflip

Ons vriende by Monster Energy het vir ons die video gestuur. Dit is 'n kort video van Guerlain Chicherit wat 'n Mini Cooper backflip. Dit is reg, soos 'n somersault met 'n kar. Die is nie jou standaard drywer of Mini Cooper nie, so moet nou nie dink dat jy dit vanmiddag in jou driveway gaan try met jou dame se kar nie. Jy sal vrek. Los dit vir die pro's. Deel eerder net die video met jou vriende, hulle sal dink dit is cool en dan hoef hulle nie vir jou te kom kuier terwyl jy in traksie lê nie.

Page 1 of 11
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers