Basson Laubscher & The Violent Free Peace – Shakedown
Basson Loubscher is van Stellenbosch af. Terwyl hy groot geword het is hy blootgestel aan 'n groot verskeidenheid musiek. Die musiek was alles van ABBA, The Beatles, Jimi Hendrix, Led Zeppelin, Johnny Cash en selfs Beethoven. Basson het die bass al begin speel op tien en het die guitar gegryp toe hy 15 was.

Basson het al die verhoog gedeel met Gerald Clarke, Albert Frost, Dan Patlansky en ander. Hy was al ook 'n session musician op baie albums en hy het vir 'n ruk in die Valiant Swart Band gespeel.
The Violent Free Peace is 'n los versameling van musicians wat saam met Basson begin bluesy goed speel het aan die einde van 2004. The Violent Free Peace se live optredes is altyd opwindend want daar is amper altyd 'n guest apperance deur van hulle musician vriende wat saam op die verhoog spring om te jam.
Ek het nog nooit van die ouens gehoor nie, tot gister toe @DapperTrapper dit vir my gestuur het. Ek like dit. Wat dink julle?
Whole Lotta Sabbath

Deel van die rede hoekok ek dit so baie geniet om gevaaalik.com te doen is oor die feedback en interaction wat ek kry met julle wat die site kom besoek. Dit is juis hoe ek op die Led Zeppelin en Black Sabbath mash up hier onder af gekom het. Philip het vanoggend die mash up van Jay Z en Jimi Hendrix gesien hier op gevaaalik.com. Saam met sy comment het hy die link na die video gegee.
Die is Black Sabbath se "War Pigs" en Led Zeppelin se "Whole Lotta Love" en dit is befok. Twee ware rock legends saam. Nou het ek twee mash ups waarvan ek hou. Dankie aan Philip vir die een.
Tool cover Led Zeppelin – No Quarter

Na ek laas week die video van "Kennedy Center Hounours Led Zeppelin" hier op gevaaalik.com met julle gedeel het, het ek iets onthou. Tool het ook al 'n cover van 'n Led Zeppelin song gedoen. Op Tool se Salival het hulle 'n cover gedoen van Led Zeppelin se "No Quarter". Die cover was eintlik al deel van die recordings toe Tool gewerk het aan die Ænima album.
Ek love die song. Wat dink jy? Los 'n comment en laat weet my.
Kennedy Center Honors – Led Zeppelin
Led Zeppelin is defnitief een van die beste rock bands wat daar nog ooit was. Dit is jammer dat die John Bonham (drums) se dood Led Zeppelin as 'n band tot 'n einde gebring het. As jy nie elke een van Led Zeppelin se albums al deel van jou versameling gemaak het nie, dan kan jy nie jouself 'n ware rock fan noem nie. Selfs my vrou het die Led Zeppelin Mothership compelation album in haar kar. Order daardie outjie sommer vir jou nou via kalahari.com.

Die is 'n tribute show. Van die bands wat van Led Zeppelin se songs cover in die show is Foo Fighters, Lenny Kravitz en Kid Rock. Die cool ding van die Foo Fighters performance is dat Dave Grohl op die drums is en Taylor Hawking vocals doen. Dit is baie cool om elke band se cover van die great Led Zeppelin songs te sien.
Dankie aan @traaidmark wat die link na die video vir my gestuur het.
Immigrant Song – Karen O, Trent Reznor and Atticus Ross
Led Zeppelin is een van my favourite bands van alle tye. Daar gaan nie 'n week verby wat ek nie na ten minste een van Led Zeppelin se albums luister nie. Ek kan dieselfde sê van Nine Inch Nails en ander werk van Trent Reznor. Dié is net twee van die bands sonder wie se musiek ek verseker op my iPod sal wil hê as ek gestrand is op 'n eiland iewers.

Trent Reznor en Atticus Ross het so ruk gelede die Oscar gewen vir hulle score vir die fliek The Social Network. Briljante album. Reznor en Ross het weer saamgespan om 'n score vir die fliek The Girl With the Dragon Tattoo te maak. Seker omdat David Fincher die director van albei flieks is.
Nou kom Reznor en Led Zeppelin saam vir die opening track van die score van The Girl With the Dragon Tattoo. "Immigrant Song" word gecover deur Reznor en Ross met die hulp van Karen O (Van Yeah Yeah Yeahs fame) vir die vocals. Dit is awesome. Luister.
Cool musiek covers
Om 'n song te cover is nie maklik nie. Die probleem is dat jy of te veel soos die oorspronklike song klink, of die song klink te anders.
Daar is 'n paar mainstream covers wat almal (of meeste van ons) ken, soos "Sweet Dreams" wat deur Marilyn Manson gecover is. Oorspronklik is "Sweet Dreams (Are Made of These)" 'n song deur die Eurythmics gewees. In Manson se outobiografie Long Hard Road Out of Hell vertel hy hoe hy op LSD was en sy balls af getrip het. Tydens die trip het hy "Sweet Dreams" van die Eurythmics gehoor, maar dit was nie die Eurythmics se weergawe nie. Na 'n ruk het Manson "gehoor" dat dit hy is wat besig was om die lied te sing en dit was dus die geboorte van daardie cover.
Die storie agter alle covers is nie so mal soos Marilyn Manson s'n nie. Hier is so 'n paar covers wat jy dalk nie geweet het covers is nie.

- "Cocaine" deur Van Coke Kartel. Baie mense dink dat die 'n song is wat Eric Clapton geskryf het, maar eintlik het 'n bra met die naam JJ Cale dit in 1976 geskryf en in 1977 opgeneem.
- "Given to Fly" deur Pearl Jam. Daar is 'n hewige gestry oor of dié 'n cover is van die Led Zeppelin song "Going to California" en of dit is rip-off is. As jy die twee song direk na mekaar luister, kan jy wel dadelik ooreenkomstes hoor tussen die twee songs. “It’s probably some sort of rip off of it I’m sure…Whether it’s conscious or unconscious, but that was definitely one of the songs I was listening to,” aldus Mike McCready oor "Given to Fly". Ek is 'n massive fan van Led Zeppelin en Pearl Jam so ek gee nie om nie. Albei is befokte songs.
- "Faith" deur Limp Bizkit. "Faith" is oorspronklik 'n song deur George Michael, die ou wat gevang is met sy totter in 'n ander man se bek in 'n publieke ablusieblok in Kalifornië. Die oorspronklike weergawe was 'n baie happy tune. Limp Bizkit het die song definitief 'n meer aggressiewe twist gegee.
Nou vir twee covers wat ek seker is jy nog nie gehoor het nie. Die eerste een is 'n cover van 'n redelike nuwe song. "White Limo" van Foo Fighters is nog nie eers 'n jaar oud nie. The Prodigy, 'n electronic band uit die UK, het "White Limo" gecover/semi remix. The Prodigy se album Invaders Must Die is awesome en dit voel asof die cover mooi sou pas op die album. Intressante feit: Dave Grohl van Foo Fighters het dromme gespeel op "Run with the Wolves" op die The Prodigy se Invaders Must Die. Hier is die cover van "White Limo" deur The Prodigy.
Foo Fighters - White Limo - [The Prodigy remix] by The Prodigy
Die volgende song is al van te vore deur die Murderdolls gecover. Vir die van julle want nie weet nie, Murderdolls is Joey Jordison (die drummer van Slipknot) se ander band. "White Wedding" is oorspronklik deur Billy Idol, maar die song is gecover deur onder vele ander Murderdolls en Deathstar. Maar hierdie version hieronder is deur Queens of the Stone Age, en as jy hulle nie ken nie stel ek voor jy gaan kry dadelik jou hande op die QOTSA album Songs for the Deaf. Intressante feit: Dave Grohl het dromme gespeel op die hele Songs For the Deaf-album en het amper permanent Queens of the Stone Age gejoin. Gelukkig het hy toe op die ou einde besluit om by Foo Fighters te bly.
White Wedding by Queens of the Stone Age
