Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Staan terug vir Stoute Boudjies

Woensdag, en dus Stoute Boudjies. Die Stoute Boudjies is net een van die goed wat jy kan sien op gevaaalik.com. Van die ander is stukkies satire, hier en daar iets oor musiek, podcasts, Random Gevaaalikhede, en die spot dryf met amper alles. Afrikaans, Afrikaners en Afrikaner-kultuur word daar veral mee die spot gedryf. Grappe wat close to the home is word daaroor gemaak.

Ek is ‘n Afrikaner. Daarom is dit vir my maklik om vir myself en my kultuur te lag. Wit, Afrikaans, cis-male. Basies wat social justice warriors sê is alles wat fout is met die wêreld. Plus Stoute Boudjies en Vrydag Bederf. Tog was ek ook by die hof gewees oor dagga, die onnodig konserwatiewe dink ook nie veel van gevaaalik.com nie.

Hier in die middel sit die mense wat gevaaalik.com gereëld besoek. Die mense wat kies om eerder te lag oor goed as alles doodernstig opneem. Lag vir memes, lag vir onsself en probeer om nie alles wat ons op Facebook sien so persoonlik op te vat nie.

As die klink na te veel, kry net die gevaaalik Nuusbrief. Een keer ‘n week kry jy ‘n email, met links na alles wat jy die week gemis het op gevaaalik.com. Meestal in jou inbox op ‘n Vrydagoggend.

Geniet die week se Stoute Boudjies.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *