Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe GVLK Merch op komedie.co.za

Vandat ek die gevaaalik.com Merch gelaunch het hou almal aan vra vir nuwe designs. Na jare het ek my gat in rat gekry met die hulp van vriende by komedie.co.za. Dit is reg, die nuwe reeks van GVLK Merch is nou ekslusief beskikbaar deur komedie.co.za.

Beste van alles is dat daar nie net die ou bekende designs is nie, maar daar is ook nuwe designs en nuwe moontlikhede. In die verlede was die hemde in net een kleur beskikbaar, nou is daar ook ‘n verskydenheid kleure om van te kies, asook verskillende prints.

My persoonlike gunsteling van GVLK Merch

‘n Persoonlike gunsteling is die Superhigh Limited Edtion hemp. Die Superhigh logo in rasta kleure op ‘n wit, grys of ‘n swart hemp? What’s not to like?

 

GVLK Merch vir die gamers

Ja, ek het julle gehoor. Al die gamers op die site. Ek het ‘n hemp gemaak meestal omdat dit ‘n hemp is wat ek graag wil hê. Daaruit ontstaan die mengelmoes van Jay-Z lyrics en my gunsteling game om te speel tans op die PC.

Meer om die massas gelukkig te hou

Daar is ook hoodies, en meer hoedies oppad oor die komende weke. As daar een van die designs spesifiek is wat jy op ‘n hoody wil sien, los ‘n comment hier onder en laat weet watter een dit is. Jy kan al die GVLK Merch nou sien en koop op komedie.co.za. Lekker maklik by jou deur afgelewer sodat jy nie in ‘n winkel hoef te gaan rond drentel nie. Miskien soek jy die updated Philip die Pynappel hemp.

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *