Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Neill Blomkamp short op YouTube – Rakka

‘n Paar weke gelede het Neill Blomkamp Oats Studios bekendgestel en gister het die eerste short van die studio op Steam en YouTube verskyn. Oats Studios is Blomkamp se nuwe projek vir eksperimentele kortfilms. Dit is goeie nuus vir mense soos ek wat keelvol is vir die eindelose tos sequels en franchises wat die filmindustrie deesdae uitpomp. Ja, ek kyk vir jou, dommie wat vir almal vertel dat Wonder Woman ‘n goeie fliek is.

Rakka – Neill Blomkamp

Rakka is die eerste film van Oats Studios en dit beeld die aarde uit na ‘n alien invasion. Die jaar is 2020 en aliens het slawe van die mensdom gemaak en is besig om die wêreld se atmosfeer te verander. Die film wys verskillende perspektiewe. Net net verby 20 minute is die ‘n great stukkie vermaak. Sigourney Weaver is die bekendste akteur wat jy sal sien in die kort film, maar kyk uit vir bekende (Suid-Afrikaanse) gesigte.

Dit is lekker om weer bietjie iets anders te sien, en al is sci-fi nie vir almal nie, die 20 minute is die moeite wêrd, net om te sien wat Oast Studios kan aanvang.

Wat is volgende vir Oats Studios?

Na ek Rakka klaar gekyk het, kan ek verseker sê dat ek nog soek. En nou is my vraag gaan daar nog Rakka wees? Gaan dit ‘n fliek word? Gaan dit ‘n series word? Gaan dit aanhou verniet wees? Soveel vrae.

“The footage is too unconventional and weird [for a mainstream feature], and the audience has to think of the footage as a snapshot into the window of this world.

It’s the same for the film we’re going to release in a couple of weeks. When the audience understands that this isn’t the complete, final story, and they choose to get behind us financially, we can then figure out if this is an episodic thing, or if it’s one big feature film.”

Dit is wat Neill Blomkamp daaroor te sê gehad het. Met ander woorde Blomkamp sit die toekoms van sy projek in die hande van die gehoor en die wat meer wil sien. Iemand soos ek. Ek het vroër die week al gepraat oor hoe cool dit is dat die internet ons in staat stel om creators direk te ondersteun. In die geval van Rakka en Oats Studios gaan Blomkamp direk na die fans om hom te help om iets te maak. Of dit series of ‘n feature film gaan word is nog nie bepaal nie.

Blomkamp verstaan ook dat iemand miskien gelukkig sal wees om sy projek te fund en as sy fans nie die projek fund nie dan sal dit tien teen een gebeur. Aan die een kant maak dit my gelukkig want dit beteken ek sal likely nogsteeds meer van die sien. Aan die ander kant hoop ek dat die fans dit laat gebeur wat dan is Blomkamp heeltemal in beheer.

Met goed soos YouTube Red, Netflix, Amazon Prime en nou Steam is daar geen rede hoekom Blomkamp nie sy projek sal kan smous aan die highest bidder nie. Dit hoef nie noodwendig ‘n traditional studio te wees nie soos TriStar Pictures (die Studio agter District 9) nie, dit kan een van die moderne spelers wees soos Netflix of Amazon Prime. Aangesien Rakka op YouTube ook is sal die YouTube Red mense ook kan sien of daar belangstelling in ‘n fliek of series.

As ‘n studio of iemand soos Netflix ‘n reeks koop is daar altyd ‘n kans dat hulle gaan inmeng met Blomkamp se visie vir watookal dit is wat Blomkamp op die ou einde besluit om te maak. Ek reken ek sal my geld gee net sodat daar niks van daardie inmeng is van iemand anders nie.

Hoe ondersteun jy Rakka en Oats Studios?

Op Steam koop jy eenvoudig Oats Studios – Volume One Assets vir R55.00. Eenvoudig en baie goedkoper as om te gaan fliek. Plus jy kry so paar dinge vir jou R55.00.

  • Downloadable video file of Rakka including a 5.1 surround sound mix
  • Rakka Concept Art
  • Rakka Scripts
  • Rakka 3D Models

Kyk Rakka hier onder en as jy kan afskeid maak met R55.00 die maand, sit dit agter Oats Studios of Willim Welsyn se nuwe album. Jir die internet is befok!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *