Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Laaste Lag recap en Vrydag Bederf

Dit gaan anders vir almal. Vir my word dit gewoonlik die ergste so 24 uur voor die tyd. Dit begin met ‘n ongemaklike procrastination. Gewoonlik omdat ek weet ek moet deur my set gaan. Soos ‘n kind wat moet leer vir eksamen sal ek alles anders doen as wat ek moet doen. Ek speel Xbox, ek kyk Wrestling with my Family, ek pak die dishwasher, ek manscape vir die eerste keer in maande, moontlik jare. Alles omdat ek weet as ek eers begin kyk na enige set wat ek neergeskryf het, ek dit alles gaan oor skryf.

Dit is deel van my proses. Ek skruif alles weer, van voor af, uit. Die stress is baie. Dit is die eerste keer wat ek meer as 10 minute moet doen. Op die aand staan ons buite en maak grappe soos Cafe Barcelona stadig maar seker vol raak. Vir ‘n rukkie het ek gedink daar gaan nie eers 20 mense opdaag nie. Toe begin mense opdaag. Verskillende mense. Mense met grys hare, mense met hul dogters en die dogters se kerel. Ek oorweeg vir ‘n rukkie om die p-bom in my set te verander na ‘n d-bom.

Ek maak grappe buite met van die mense wat kom gesels met ons. Grappe om weg te steek hoe erg op my senuwees ek is. In die verte, ‘n figuur aangetrek in swart wat gehighlight word deur die Moot se straatligte. Hy loop heen en weer en mompel iets vir homself. Darem is ek nie die enigste ou wat vanaand senuweeagtig is oor op die stage gaan nie.

Ek klim op die verhoog en dit is dadelik duidelik vir die gehoor dat ek nie regop gaan kan staan op die stage sonder om my nek in ‘n spasma te sit nie. Ek kry my eerste lag. Ek sleep die bar stool wat ek vroer agter op die stage gesit het nader. Ek gaan sit en sit die mic terug in die mic stand. Nou gaan ons gesels.

Dankie aan almal wat kaartjies gekoop het en uitgekom het vir Laaste Lag 1. Dit was awesome. Ek het dit geniet net soveel soos die mense in die gehoor het, en die ander comedians het dit ook baie geniet. So baie dat all in all was die eerste Laaste Lag show 2 ure lank. “Value for money” het party van julle na die tyd vir my gesê. Ons doen dit gou weer.

Geniet die week se Vrydag Bederf.

 

View this post on Instagram

 

Die scene van die verhoog af, 1.5 ure voor ons begin. Cafè Barcelona in #Pretoria vir #LaasteLag!

A post shared by Stix Gevaaalik (@gevaaalikdotcom) on

Kry gratis aflewering enige plek in SA jy nou jou sade koop deur die banner hier onder te click.

Kry jou official GVLK hemde net van komedie.co.za af.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *