Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum: Choson-minjujuui-inmin-konghwaguk

Nou en dan is dit nodig om te kyk na ‘n moerse kak land ten einde jou land se voordele raak te sien. Kom ons fok nou nie rond nie, Suid-Afrika het probleme.  Baie van die luise in ons regering is skelm, rassisties en agteraf. Die polisie en metro cops vat geld ipv om hul eintlike werk te doen. Moorde, verkragtings, aanrandings ensovoorts. Julle behoort die storie te ken.

Nou hoor ek jou so onder jou asem beweer dat daar nie ‘n land soos “Choson-minjujuui-inmin-konghwaguk” bestaan nie. Dit is Noord-Korea se regte naam, by the way. Noord-Korea is die mees geïsoleerde land in die wêreld.

2000px-Flag_of_North_Korea.svg

Noord Korea se vlag

Die regering is ‘n “Sole Dictatorship”. Dit beteken nie dat ‘n skoen die land regeer nie, maar dit kon netsowel. Dit is basies soos ‘n Monargie, waar ‘n delusional klein vetgat die sê het oor alles in die land. Dit is seker waar hulle aan die ander offisiële naam, Democratic People’s Republic of Korea, kom. Die Supreme Leader van Noord-Korea is baie insecure en as jy dus lelik is met hom of lelik praat oor hom, word jy soos ‘n brandsiek brak geskiet op die spot. Nikse ge-“Barry Roux” of “Gerrie Nel” nie pappie.

Die huidige Diktator (of Supreme Leader, soos hy homself noem) van Noord-Korea is Kim Jong-un. Hy het oorgeneem by sy pa, Kim Jong-il, na dié sleg etter uiteindelik gevrek het in 2011. Die pa se begrafnis moes bygewoon word deur elke liewe persoon in Noord-Korea, of jy word vrekgeskiet. Elke persoon daar moes huil, anders word jy vrekgeskiet. As jy gehuil het en dit was nie oortuigend genoeg nie, is jy voor die voet vrekgeskiet!

KimJongUN

Kim Jong-un

kim-jong-un-hacked

Kim Jong-un sonder make-up.

kim-jong-il_portrait

Kim Jong-il, die pa van Kim Jong-un en seun van Kim Il-sung.

Hier is ‘n paar van die poste wat Kim Jong-un beklee het alvorens hy ingesweer is as Supreme Leader:

  • First Secretary of the Workers’ Party of Korea
  • Chairman of the Central Military Commission
  • First Chairman of the National Defence Commission of North Korea
  • Supreme Commander of the Korean People’s Army
  • Presidium Member of the Politburo of the Workers’ Party of Korea
Belaglikheid

Kim Jong-il se begrafnis.

korea-mourners_2094678i

Die mense wie hard genoeg gehuil het by die begrafnis, en nie doodgeskiet is nie.

Klein vetgat Kim Jong-un se oupa se naam was Kim Il-sung. Hierdie ou was ‘n piece of work. Hy het die Supreme Leader geword in 1972. Hy het ‘n “cult of personality” rondom homself begin. Dit beteken dat hy middele soos die media, algemene propoganda en die skool kurrikulum manupileer het ten einde ‘n fiksionele en opgeblaasde beeld van homself by die populasie te vestig. Die skoolkinders moet byvoorbeeld die “Great Leader” – dis nou Kim Il-sung, sy seun Kim Jong-il was glo die “Dear Leader” – bedank vir alles. Baie soos wat kindertjies vir Mohammed of Allah of Jesus moet bedank vir goedjies in ander lande. Basies word die Supreme Leader opgehef na God-status en alles gaan oor hom. Die mense in Kim Il-sung se tyd het geglo dat die weertoestande die gevolg is van die Supreme Leader se bui op daai dag. Go figure.

Kim_Il-sung

Kim Il-sung in een van sy propogandistiese, personality cult tipe portrette.

Daar is maandeliks ‘n proper spektakel in die een stadion wat nog staan. Hierdie stadion is spesiaal gebou vir Kim Il-sung, sodat basies 100,000 mense met daai kaart-stuff (soos met die Beijing Olimpiese Spele) ‘n moerse show kan opsit vir die Supreme Leader. Hierdie mense word almal forseer om dit te doen van jongs af. Hulle kan weier, maar dan word hulle vrekgeskiet.

MassGames2

Die “Mass Games” met sowat 100,000 mense wat optree teen hulle wil.

KCNA picture shows people at a rally to exhort the objectives that North Korean leader Kim Jong-Un suggested in his New Year speech, at Kim Il-Sung square

Nog ‘n massa-optog wat vir geen rede gehou is. Anders word jy doodgeskiet.

Daar word beweer dat Noord-Korea tans die grootste Militêre mag het wat gereed is om oorlog te voer. Hulle het ook ‘n WMD (Weapons of Mass Destruction, duuuuh) arsenaal, so moenie daai klein vetgat, Gangnam Style wannabe, daddy’s boy stuk niks afpis nie hoor!

Army vrouens

Militêre optog.

Ek sluit af met ‘n video vanaf Vice. Shane Smith en ‘n kameraman het ingeglip met ‘n mik en druk, en die resultate is ‘n ongelooflike goeie dokumentêr wat jou ‘n ander perspektief op die wêreld sal gee. Suid-Afrika is eintlik ‘n vakansie-oord!

https://www.youtube.com/watch?v=OtuFaEy4jzE

You may also like...

3 Responses

  1. Eenhond says:

    Kan jy dit nou fokken glo, kan nie dink daar bestaan sulke lande nie.
    Imagine as daai klein Koreaan ‘n PS4 met GTA V in die hande kry…

  1. November 28, 2014

    […] vir die Vrydag Bederf. Terwyl jy op gevaaalik.com is moet ek voorstel jy lees die week se Wêreldspektrum post oor Noord Korea. Of, luister na die week se gevaaalik.com podcast. Anders as dit is al wat jy nou moet doen jou […]

  2. February 23, 2015

    […] Twee douchebags, een uit Jersey Shore en een uit Noord-Korea […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *