Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dead Rising 4 – ‘n Zombie knockout

Ek het eers gedink die laaste zombie game wat ek gespeel het was Resident Evil 2, wat ek baie geniet het. Dit was ‘n uitstekende game, ook deur Capcom. Capcom is ook die ouens wat Dead Rising 4 gemaak het, so ek was opgewonde om dit te speel. ‘n Zombie game, uiteindelik! Maar soos ek sit en die skryf het ek onthou dat Rockstar ook die Undead Nightmare DLC gemaak het vir Red Dead Redemption. Om te sê die kompitisie is straf, is ‘n understatement.

Weens my internet cap het dit my baie langer gevat om Dead Rising 4 te kan speel as wat ek sou wou gehad het dit moet. By ver nie die grootste game nie, maar steeds 26Gig. Dit was die wag werd. Op ‘n Vrydagaand terwyl ek slaap het ek my download van die game uiteindelik klaar gekry en die komende Saterdag het ek ‘n goeie paar ure ingesit.

Kies jou wapen

Kyk, in hierdie game gaan jy baie zombies moet vermoor. Ek praat van honderdeduisende zombies. Jy gaan dit nie met jou vuiste doen nie, gaan jy? Nee, jy gaan wapens kort. Die heel eerste ding waaraan mens dink is ‘n baseball bat, en hy is verseker daar. Haelgeweer, sommer ‘n automatiese een. Wat van ‘n swaard, sledgehammer, mes, knuckle dusters,  pistool, bazooka, sambreel, plank, handgrenaat, rekenaar skerm, stoel, klerehanger of kitaar? Almal daar.

Jy kan ook iets soos ‘n swaard en Liquid Nitrogen bymekaar gooi om ‘n combo weapon te maak met die kreatiewe naam Ice Sword. ‘n Moerse swaard war zombies vries soos jy ander zombies ook vries en in twee kap. Of wat van ‘n Singing Santa en “chemicals” om ‘n Acid Trap te maak wat zombies vol acid spuit soos hulle nader kom na die klank van die Singing Santa. Om Dead Rising 4 te speel is soos om Macgyver te wees tydens die zombie apocalypse.

Lag jou gat af terwyl jy zombie-koppe kraak

Die protagonist wat jy speel, Frank West, het ‘n sin vir humor en reg deur die game hoor jy allerhande wise cracks van hom af. Net soos met Spiderman is dit ‘n eienskap in ‘n protagonist wat baie voorendag kom en in meeste gevalle het dit my darem laat glimlag. Om ‘n quirky en soms donker sin vir humor te hê kan maklik verkeerd gaan in ‘n protagonis.

Deur al die zombie jokes volg jy ‘n storielyn wat boeiend genoeg is dat ek myself heeltyd gedruk het om die storielyn klaar te maak, al is daar tonne ander dinge om te doen langs die pad.

Hoeveel zombies kan jy vermoor met ‘n baseball bat?

Ek het al baie mense hoor praat oor hoe hulle maklik ‘n zombie apocolypse sal oorleef, en al wat hulle kort is ‘n baseball bat. In werklikheid sal jy (en ek met my maer lyf) tien teen een so 10-15 zombies se koppe kraak met die baseball bat voor ons heeltemal te moeg is om die bat verder te swaai. Nie om eers te praat van tel hoeveel zombie-koppe jy al gekraak het terwyl jy dit doen nie. In Dead Rising 4 hoef jy nie te bekemmer oor moeg word of zombies tel nie.

Daar is ‘n zombie kill counter wat jou sal help tel aan hoeveel zombies jy al vermoor het, en Frank raak nooit moeg van wapens rond swaai om zombies te vermoor nie. Wees net bewus van die feit dat elke wapen net ‘n sekere hoeveelheid shots kan uitdeel voordat die wapen vervang moet word met ‘n ander wapen.

Dead Rising 4 is zombies-koppe-kraak pret

Sover zombie games gaan soek verwag ek nie veel nie: Ek wil net kan zombies vermoor en masse. In Dead Rising 4 is daar ‘n groot verskeidenheid maniere om jou zombie-moord fetish te krap, plus die storielyn is genoeg om jou geboei te hou tot aan die einde. Ek verkies nogsteeds my zombies gemeng met cowboys soos met Red Dead Redemption: Undead Nightmare, maar Dead Rising 4 gee dieselfde zombie-satisfaksie.

As jy opsoek is na ‘n nuwe zombie game, stel ek voor jy gaan loer nou by CDKeys.com vir ‘n Dead Rising 4 special.

You may also like...

1 Response

  1. Jerky says:

    Help my net daai eerste sin verstaan asb. Of eks fokken deur die kak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *