Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Zombies, maar nie waar jy verwag nie

Zombies is een van daardie gemaklike stock items wat elke nou en dan deur filmvervaardigers uitgepluk word wanneer hulle ‘n vinnige paar pitte moet maak. Meeste van hulle is daarom ook shit, soos die verskeie Resident Evil-inkarnasies al hoeveel keer bewys het. Min zombieflieks kan die kwaliteit en humor van Shaun of the Dead regkry, en dis dan ook die geval met die onafhanklike fliek Osombie.

Hier’s die deal rondom Osombie: Osama bin Laden is verlede jaar deur wraaksugtige Amerikaners vermoor en sy lyk is onseremonieus in die see gedompel. Volgens die plot van die fliek is ou Osama egter terug – as ‘n zombie, en, om uit die trailer aan te haal (cue epic music), “Osama. Will die. Again.”

Of so iets. Hier is die vervaardigers se opsomming van die plot:

The story follows Dusty, a yoga instructor from Colorado, who is on a desperate rescue mission to save her crazy brother Derek, a conspiracy theorist who is convinced Osama Bin Laden is still alive, despite having been buried at sea. In Afghanistan, Dusty falls in with a team of NATO Special Forces on a secret assignment. Turns out Derek is not so crazy after all, and that Osama has returned from his watery grave and is making an army of zombie terrorists. When the group crashes headlong into the growing zombie apocalypse, Dusty and the troops must find and destroy the root of the zombie insurgency before it infests the rest of the world.

Al het ek nogal gelag, is ek nie seker of dit ‘n comedy is of nie, maar hier is die trailer anyway. Blykbaar is die projek voltooi, die vervaardigers soek net befondsing om die laaste post-production af te rond. Good fucking luck.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *