Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Willim Welsyn Blitzkriek sy pad na iTunes Rock no.1

Ek sê dit baie, maar ek moet dit weer sê: Ons lewe in ‘n ongelooflike tyd. Almal wil altyd weet hoe maak ons die wêreld beter, en die waarheid is dit begin naaste aan jou. Ons is almal deel van hierdie deurmekaar netwerk, en vir ons almal om gelukkig te wees moet ons mekaar ondersteun. Ek praat nie van moerse “gee” vir charity of jou kerk nie. Ek praat van die iemand nader aan jou ondersteun as die groot dude met die baard agter die wolke.

‘n Universal income is ‘n moeilike idee om mee te wroegel. Maar as jy vir my sê iemand soos Willim Welsyn moet ‘n universal income kry sodat hy net kan aanhou doen wat hy doen, dan gaan ek vir jou sê: “Het jy al fokken Blitzkriek gekoop? Jy kan bydra tot Willim kry om net te doen wat hy doen.” Blitzkriek is ‘n great rock musiek voorbeeld van hoekom iemand party mense al hul effort moet kan sit in hul kuns in. Ek wil in daardie wêreld lewe want dit sal vir my ook awesome wees om alles te kan hoor wat daardie wêreld vervaardig.

En Willim Welsyn doen baie

Nie net is Willim Welsyn ‘n rock musician wat live speel nie, hy is ook ‘n podcaster en sekerlik Afrikaans se beste podcaster. Met meer as 100 episodes van sy podcast al soos klokslag elke week beskikbaar, hoef ek jou nie te vertel dat Willim ‘n moerse work ethic het nie, en natuurlik passie vir wat hy doen. Daardie passie kan jy in sy musiek ook hoor.

In die verlede het jy ‘n derde party nodig gehad om jou in staat te stel om daardie work ethic en passie voltyds te kan doen. Met die aanwend van die internet kan creators nou direk met die verbruiker praat. Jy kan dit ook alles self doen, en vir Blitzkriek het Willim die bemarking ook in sy eie hande geneem. Wel, sy eie hande en die hulp van die mense wat luister na sy podcast.

As jy getrou gevaaalik.com deel maak van jou dag, dan het jy seker die Blitzkriek logo gesien in die Random Gevaaalikhede of selfs die Vrydag Bederf en Stoute Boudjies. Die logo, daar, waar jou aandag is. Willim het stickers gestuur vir (of die logo png ge-email vir mense soos ek wat nie glo in snail mail nie) vir mense wat luister na sy podcast. Die instruksies van hoe om die sticker te gebruik is ingesluit, asook net dat as jy ‘n foto post van waar jy jou sticker geplak het, moet jy net #Blitzkierk by dit sit. Niks anders nie. Gorilla marketing vibes.

Willim Welsyn se Blitzkriek album is great. Dit is rock, dit is fun en al is ek laat tot die party het ek met ‘n moerse glimlag my R130 betaal sodat ek my copy van die album by Willim kan kry wanneer ek hom weer sien. Koop ‘n album of twee, koop merch, koop ‘n ticket en gaan kyk ‘n show. Dit is hoe ek en jy die wêreld vir ander en vir onsself.

Dit is fokken wen-wen: Ons kry great musiek, podcasts, videos goed waaraan ons ons aandag wil skenk, en die mense wat dit maak kan aanhou doen wat hulle doen.

Blitzkriek is ‘n great album wat jy nou kan koop op iTunes of op Google Play. Blitzkriek het dit in die iTunes rock chart nommer een posisie gemaak in gemaak, nie omdat Willim ‘n “gorilla marketing guru” is nie, maar eintlik omdat hy befokte musiek maak en ander mense met graagte vir ander sal vertel om dit ‘n luister te gee.

Hier onder is een van die songs, maar gaan koop die album op Google Play of iTunes, en los ‘n review. Maak die wêreld ‘n beter plek en maak jou lewe se soundtrack beter, met Blitzkriek van Willim Welsyn.

You may also like...

1 Response

  1. June 15, 2017

    […] Rakka hier onder en as jy kan afskeid maak met R55.00 die maand, sit dit agter Oats Studios of Willim Welsyn se nuwe album. Jir die internet is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *